Het jy gehoor? / Have you heard? - Jul 2010 PDF Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Thursday, 22 July 2010 11:00
Untitled Document

Johan Brink van Faerie Glen sê hy koop nie die verklaring van die vreemde onwelriekende “reën” wat in Mooiplaats geval het nie. Hy sê die binnekante van vliegtuie is hermeties verseël sodat die lugdruk daar hoër as die lugdruk buite gehou kan word. Die tenks van die toilette is ook binne hierdie verseëlde ruimte, en daar is geen manier dat enige “oorspoeling” die buitewêreld kan bereik nie, want dan per definisie kan jy nie die lugdruk binne hoër hou nie.

xxx

’n Naamlose leser het gebel om ons in te lig dat hy nie dood is nie. In Die Bronberger se Mei-uitgawe het ons berig dat ’n gru-ongeluk op die hoek van Garstfonteinweg en Blesbokstraat op 3 Mei lewens geëis het. Twee mense is op die toneel dood en nog twee is hospitaal toe geneem waar hul volgens bewering later oorlede is. Dit is een van dié wat gebel het om te sê hy het dit toe lewendig uit die hospitaal gemaak.

xxx

The Mooiplaats power line project seems to be unstoppable. The Department of Environmental Affairs approved the scoping report for the proposed 132 kV Mooiplaats power line and substation and is of the opinion that the scoping report and plan of study for the environmental impact assessment (EIA) meet the minimum requirements to proceed to the EIA phase. A public meeting will be held in the near future. All registered interested and affected parties will be contacted by Stephanie Webber from Seedcracker Environmental Consulting.

xxx

’n Leeffees word op 8 Augustus by Galagos Landgoed gehou. Dié fees, in samewerking met die Red ’n Lewe komitee en ABSA bank, strewe daarna om individue sonder of met uitgeputte mediese fondse wat lewensnoodsaaklike mediese behandeling benodig, finansieel te ondersteun. Die fees skop af met Drie Tenore vertonings om 9 vm, 2 nm en ’n gala-aand om 7 nm. Daar gaan kunsuitstalling deur die dag wees en ander uitstallers is welkom. Kontak Cobi by 083-454-8319 of 012-734-5883.

xxx

Leer meer van kruiekweek, hul medisinale waardes, gebruike in kos en die maak van organiese treksels by ’n werkswinkel in Rayton op 9 en 14 Augustus. Die koste is R180 per persoon, werksmateriaal ingesluit. Ná die werkswinkel is daar ’n opsionele kruie-middagete. Vir meer inligting kontak Andria Cronje by tel: 082-669-3273 of e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

xxx

Die ‘pyp’ wat reeds vier jaar lank op Cullinan water mors, was toe eintlik ’n fontein. Ná eindelose pogings om iemand by Nokeng munisipaliteit te kry wat iets van die water weet, het iemand met dié inligting gebel. Vreemd genoeg, loop die fontein glo net in die winter.

 

 

 

 

© 2019 Die/The Bronberger