Het jy gehoor? / Have you heard? - Sep 2010 PDF Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Friday, 24 September 2010 05:57
Untitled Document

Gemeenskapsveiligheidslede is op hol gejaag toe ’n sekere 35-jarige Tierpoorter op 30 Augustus verdwyn het. Hy het ongeveer 6 uur die oggend na sy BMW toe uitgegaan. ’n Halfuur daarna het sy vrou hom gaan soek en verskeie voorwerpe op die grond sien lê, insluitende ’n baba karstoeltjie, waar die voertuig gestaan het. Sy het geglo dat hy gekaap is. Daar is wild en wakker na hom gesoek en die polisie het uitgevind dat hy geld getrek het op twee plekke aan die oos-Rand. Blykbaar het hy daardie aand weer by die huis aangekom. Teen saktyd kon die polisie nie bevestig of hy gekaap was of nie.

xxx

Ons verneem dat die plakkers van Zwavelpoort, plot 10 en Barendshoek teen einde Oktober geskuif gaan word na Donkerhoek, plotte drie en vier.

xxx

Zwavelpoort-wes inwoners het op 26 Augustus ’n gemeenskapsveiligheid vergadering gehou waar kenners hulle ingelig het oor die veiligheidstoestand in dié gebied. Die deel tussen Achillesweg in die noorde, Saintsstraat in die ooste, Atterburyweg in die suide en Olympusweg in die weste word as passief in gemeenskapsdeelname in vergelyking met omliggende gebiede beskou en vorm ’n sagte teiken. Boschkopse Inspekteur Francois Nolte het vertel watter insidente in die gebied plaasgevind het en hoe om misdaad te verhoed. Trevor Roberts van Conserv het vertel hoe die gemeenskap misdaad kan voorspel en voorkomende sisteme kan ontwikkel. Die Gemeenskapspolisiëringsforum se Steve Williams het gepraat oor radioverbinding en Allen Vosloo van JFT Security oor veiligheidsplanne. ’n Opvolgvergadering is op 6 September gehou.

xxx

An Animal Day will be held on Sunday 3 October from 11 am at Rustfontein farm near Bronkhorstspruit. On Saturday 6 November there will be a Mulberry Festival from 9 am. For more information call Sharon at 083-563-2675.

xxx

Kungwini Local Municipality will soon have a spatial development framework (SDF) in place. In the decade since its establishment, Kungwini never had any proper strategic planning documents that were open to public participation. The national Department of Rural Development and Land Affairs intervened and appointed a professional consultant firm, Setplan/Dludla Development, to compile a draft SDF. The first public participation meeting was held on 18 August and it is said that the SDF will be completed by the end of September. The draft is available at www.setplanpe.co.za. Look under ‘downloads’ and select ‘Kungwini SDF’.

xxx

Pedro van Farm Inn sê dat Bronbergers moet onthou om hom te bel as hulle vars karkasse wil laat verwyder. Hy doen dit gratis. Skakel 012-809-0266/77.

xxx

Charl en Gretchen van der Merwe van Zwavelpoort se plaasbestuurder, Elias, is onlangs in ’n tref-en-trap insident doodgery. Die Boschkopse Polisiestasie het die voertuig, ’n rooi Condor bakkie opgespoor by Amka Products in Sunderland Ridge. Die bestuurder van die voertuig, CWK Smit, het egter spoorloos verdwyn en daar is ’n lasbrief uit vir sy arres. Boschkop se AO Mahlangu behartig die saak. Diegene met meer inligting kan hom bel by 082-723-2820.

xxx

Wet Nose Animal Rescue Centre presents ‘Pied Piping in Cullinan’, a fundraising dinner with the Transvaal Scottish Pipes and Drums at the Sir Tomas restaurant in Cullinan on 21 October at 7.30 pm. The cost is R300 per person, which includes a three-course meal, snacks and complimentary table wine. Contact Elise at 082-940-6822.

xxx

Boschkop SAPD onder leiding van Kol The-Khiso, en met die bystand van plaaslike sekuriteitsmaatskappye het in Augustus ’n misdaadvoorkomingoptrede geloods in die Silver Lakes en Faerie Glen gedeelte van SAPD Boschkopwyk. In die optrede is dwelms met ’n straatwaarde van ongeveer R3 000, bestaande uit dagga en “CAT” gekonfiskeer en drie verdagtes is daarvoor gearresteer. Nog 30 verdagtes is met die operasie in hegtenis geneem.

xxx

Devereaux Pienaar from Swavelsnest Estate in Zwavelpoort has made it his mission to get Atterbury Road extension tarred. He is planning to develop a community based project to get this work done. If you want to become part of the project, contact Devereaux at This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

xxx

’n Kruiewerkswinkel word op 24 en 25 September van 9 vm tot 12 nm by Jennerstraat 53, Rayton gehou. Die koste is R180 per persoon. Vir meer inligting, bel vir Andria Cronje by 082-669-3273.

 

© 2019 Die/The Bronberger