Geldtekort kortwiek padbouprogram PDF Print E-mail
News - Aktueel
Tuesday, 18 March 2008 00:00
Untitled Document

Die bou van nuwe paaie om druk op die bestaande infrastruktuur in die ontwikkelende nuwe ooste van Pretoria te verlig, is op die langebaan geskuif. Dit kan grootskaalse chaos in die nabye toekoms in dele van die Bronberg-gebied oos van Hans Strijdomrylaan tot gevolg hê. Konstruksie is reeds begin aan verskeie groot ontwikkelings, soos The Hills, in die gebied.

Volgens Klaas Schmidt, van die Gautengse Departement van Vervoer, is daar nie meer geld om met die bou van paaie te begin nie. Verlede jaar het Gautrans groot bedrae begroot om paaie, soos die verlenging van Atterburyweg en aansluitingspaaie na Garstfontein- en Atterburyweg te maak. Toe is beplan om vanjaar met padbouwerk te begin.

Schmidt was ’n gasspreker op die eerste byeenkoms van eiendomsagente in die nuwe ooste van Pretoria wat op 12 Maart gehou is. Hy het gesê dat die paaie nie meer gebou gaan word soos beplan nie, omdat daar nie geld daarvoor beskikbaar is nie.


Die eerste nuwe wonings in ?n gebied wat min of meer toegebou gaan word

 

© 2019 Die/The Bronberger