Eendag was daar ’n president
wat borg geteken het
op baie noodsaaklikhede
wat sy land nodig gehad het. Toe sy
land geannekseer word, was hy
pennieloos met baie skuld; hy het sy
goeie reputasie verloor en is as verraaier
uitgeskel; hy het sy gesondheid
verloor en het saam met sy
gesin in ’n skaapwagtershut in die
Karoo opgeëindig waar hy half blind
saam met diere moes damwater
drink.
Afgetakel deur beskuldigings wat
nie wou end kry nie, is hy op die
jong ouderdom van 47 as ’n gebroke
man oorlede. “Begrawe my in die
hek van my skaapkraal, sodat elke
spoor van my tot vergetelheid vertrap
kan word,” was sy laaste wens.
Nee, dié is nie ’n roman nie, maar ’n
ware verhaal. Die tyd is die 1870’s
tot 1880’s. Die plek is Pretoria, Zuid
Afrikaansche Republiek. Die man is
president Thomas Francois Burgers.
Hoekom hy die ‘s’ agter aan sy van
gevoeg het, is nie bekend nie. Hy is
op 15 April 1834 gebore as die jongste
seun van Barend en Elizabeth
Burger van die plaas Langfontein in
die Kamdebo-distrik van Graaff-
Reinet.
Thomas het aan die Universiteit van
Utrecht in Holland teologie gaan
studeer. Daar ontmoet hy Mary
Bryson, ’n Skotse musiekstudent.
Hulle is in 1858 getroud en kom
saam terug na Suid-Afrika waar
Thomas in 1859 Hanover se eerste
dominee word.

Thomas Francois Burgers
Skors
Die klein Karoo-dorpie was glad nie
voorbereid vir Thomas se onortodokse
sienswyse nie. Hy het in ’n
stormagtige geskil met die Kaapse
Kerk-sinode betrokke geraak wat
uiteindelik op ’n hofsaak uitgeloop
het. Thomas is van kettery beskuldig
en in 1864 is hy deur die sinode
skuldig bevind en geskors. Die koloniale
Hooggeregshof het die besluit
ongeldig gevind en in 1865 is hy
weer toegelaat in die kerk.
Toe MW Pretorius as president
bedank het, het burgers van die
Zuid Afrikaansche Republiek vir
Thomas oortuig om homself as
president verkiesbaar te maak. ’n
Oorgrote meerderheid van 2 964
teenoor 388 stemme in die Transvaalse
Volksraad was in sy guns. Hy
is op 1 Julie 1872 op die ouderdom
van 38 jaar ingesweer.
As Kaapse predikant moes Thomas
vanuit die staanspoor ’n bittere
stryd teen verdagmakery voer. Paul
Kruger was aanvanklik teen Thomas
gekant en was beïnvloed deur dominee
JP Jooste. Dominees Jooste en
Cachet, self Kaapse predikante, het
nie van Thomas se mening dat predikante
en onderwysers van Holland af ingebring moet word, gehou nie.
Jooste en Cachet het ook gedurig
vertel dat Thomas die land aan die
Engelse wil uitverkoop.

Mary Burgers, ’n nooi Bryson
Borg
Thomas het in verskeie gevalle borg
geteken vir noodsaaklikhede wat vir
die land aangekoop moes word en,
ten spyte van hewige teenkanting,
het hy lang uitgerekte reise onder
swak omstandighede aangepak. Hy
het gepoog om Hollandse dominees
en onderwysers Pretoria toe te
bring.
In 1873 probeer hy vir die eerste
keer die grense van die Barolongstam
se gebied verander, maar faal.
In 1875 is hy Europa toe om fondse
in te samel om ’n spoorlyn van Pretoria
na Delagoabaai te bou. Hy het
£90 000 in Holland ingesamel en
spoorlynmateriaal aangekoop. Toe
dié materiaal in Delagoabaai land,
moes dit dadelik verkoop word om
die verskeping daarvan te betaal.
Ná nog so ’n reistog het Thomas
teruggekeer na Pretoria om te vind
dat hoofman Sekhukhune, koning
van die Marota-stam van die Wes-Transvaal, die regering verontagsaam
het en burgers koelbloedig
vermoor het.
Sekhukhuni het militêre mag gebruik
om heerskappy te verkry.
As ’n resultaat is sy halfbroer en
regmatige erfgenaam van die titel,
Mampuru, gedwing om te vlug.

Die voorkant van die 1874
Thomas Francois Burgers
Pond. Daar is slegs 837 van
dié goue Ponde gemunt.
Sewentig jaar later is daar
gevind dat daar twee soorte
gemunt is ? 695 van Thomas
met ?n fyn baard en 142 met ?n
dikker baard |

Die agterkant van die Pond
met die Zuid Afrikaansche
Republiek se wapen
.
.
|
Oorlog
In Junie 1876 het Thomas die Volksraad
oortuig om oorlog teen Sekhukhuni
te verklaar. Thomas het self
die opmars na Sekhukhune se tuiste
gelei. Die burgers is egter so erg
verslaan dat hulle moed opgegee
het en besluit het om huis toe te
gaan.
Hewige oorlogsbelasting is ingestel
om geld in te samel om die rebellies
te onderdruk. Min mense kon egter
die belasting betaal. Die land was op
die randjie van bankrotskap en die
Volksraad was lamgelê deur ’n verdeeldheid
oor hoe daar verder opgetree
behoort te word. Dit het
gelyk asof dit net ’n kwessie van tyd
sou wees voor ’n burgeroorlog uitbreek.
Dit is toe dat die Britse regering vir
Sir Theophilus Shepstone na Pretoria
gestuur het. Thomas het vir
Shepstone probeer oortuig dat ’n
staande polisiemag van 200 mans ’n
einde aan die republiek se probleme
sou bring. Wat Thomas nie geweet
het nie is dat Shepstone morele ondersteuning
van ’n aantal Boere
gehad het wat ongelukkig met Thomas se administrasie was. Dit is
eers ná anneksasie wat Paul Kruger
’n groot skok gekry het toe hy die
brief van sy “geliefde dominee
Jooste” in ’n Engelse koerant gelees
het wat dié ondersteuning duidelik
gemaak het.

Sekhukhuni
Annekseer
Die Republiek is op 12 April 1877
deur die Engelse geannekseer en al
die blaam daarvoor is op Thomas se
skouers geplaas. Thomas het onder
protes as president uitgetree.
Omdat hy, met al sy persoonlike
besittings, pa gestaan het vir ’n hele
aantal lenings vir die Republiek, was
hy verarm toe hy in Mei 1877 Kaap
toe is. Die Britse regering het ingestem
om hom ’n jaarlikse pensioen
van £500 te betaal op voorwaarde
dat hy nooit weer in die Transvaal
sou bly nie. Dié gebaar het gelei na
beskuldigings van verraad teen
Thomas.
In die Kaap kon Thomas nie werk
kry nie; hy en sy gesin het in die
uiterste armoede geleef en ernstige
inwendige bloeding het hom so verswak
dat hy dikwels bedlêend was.
Die Burgers-gesin het ’n ruk lank
met ’n op-skuld-gekoopte ossewa
rond geswerf, en Thomas het op ’n
gehuurde plaas by De Dammen, net
buite Hanover, met volstruise probeer
boer. Later trek hulle na
Schanskraal.
Dit is in dié tyd wat die gesin in ’n
ellendige skaapwagtershut gewoon
het en saam met diere damwater
moes drink. Thomas was reeds
bykans blind in die een oog en die
ander een het vinnig verswak.
Eers aan die einde van Junie 1878
kry hy die beloofde pensioen, maar
toe die rente op Thomas se skuld
betaal is, bly daar feitlik niks van die
geld oor nie.
Thomas is op
9 Desember
1881 in verarmde
omstandighede
dood. Hy is
eers op
Richmond
begrawe en
sy oorskot is
later geskuif
na Zoetvlei.

President Burgers is herbegrawe in die Helde Akker
Herbegrawe
Op 26 November
1885
het Paul
Kruger met amptelike eerbewys vir
Thomas laat herbegrawe in Pretoria
se Helde Akker. Dit is eers toe Paul
Kruger president van die ZAR word
wat hy Thomas se ideale beter
begin verstaan het en in baie opsigte
sy beleid gevoer het: die bou van
’n spoorweg na Delagoabaai, en die
invoer van Hollandse amptenare en
onderwysers.
’n Jaar na Thomas se dood is ’n bundel
kortverhale, ‘Tooneelen uit ons
dorp’ wat Thomas aanvanklik vir die
Kaapse Volksblad geskryf het, in
Holland gepubliseer. Die opbrengs is
gebruik om sy gesin se finansiële
probleme te verlig.
Thomas se weduwee Mary was verarm
en kon haar man se vernedering
in die Republiek nie vergeet nie.
Tog het sy, as gebore Skot, voortgegaan
om hul kinders met ’n lojaliteit
teenoor die Republiek groot te
maak. Toe die Tweede
Vryheidsoorlog uitbreek, het haar
seuns as vrywilligers by die Boerekommando’s
en haar dogters as verpleegsters
by die Boere-ambulanse
aangesluit. |