Hondjie by hondesalon gelos Print E-mail
News - Aktueel
Tuesday, 16 November 2010 10:23
Untitled Document

’n Oulike klein hondjie is op Saterdag 6 November deur ’n vrou by Jessy’s Doggies in die Wapadrand vir ’n sjampoe afgelaai en nooit weer gaan haal nie.

Jessy sê dat ’n vrou wat gesê het haar van is Loots, die ongeveer een jaar oue reuntjie, wat lyk soos ’n Jack Russel-Toypom kruising, daar afgelaai het vir ’n sjampoe en blykbaar nooit van plan was om hom weer te kom oplaai nie. Die telefoonnommer wat die vrou gegee het, bestaan nie.


Die hondjie wat by Jessy?s Doggies gelos is

Jessy het die hondjie die naweek huis toe geneem en sê dat sy kan sien dat die hondjie opgelei is om nie binne-in die huis vuil te maak nie. Tog het Jessy se eie honde nie met die hondjie oor die weg gekom nie en Jessy het die Maandagoggend met Fiona van Wet Nose Dierereddingsentrum gereël om die hondjie in veilige bewaring te hou.

Vir meer inligting, bel Fiona Manuel by 013-932-3941/2 of 013-932-3946.

 

© 2020 Die/The Bronberger