Jou huis in die Bronberg PDF Print E-mail
News - Artikels
Tuesday, 18 March 2008 02:00

Bronberg-wêreld is een van die snelgroeiendste gebiede in ons land. Dit is asof nuwe huise bykans oornag opspring. Of jy nou wil verbou, versien, vervang, vernu, versier, verfraai, verbeter, versorg, verstel of vertoon, hier kan jy jou verlekker aan alles wat jy nodig het om jou huis verruklik te maak. Ons wys jou presies waar jy die spesialiste in ons omgewing kan raakloop.

Verfraai – versamel verstandig
“A house is who you are, not who you ought to be.” - Jill Robinson

Waar begin ’n mens as jy jou huis wil mooimaak? Volgens binnenshuiseversierders Mariet en Marnette van Wood & Comfort is daar nie ’n regte of verkeerde manier nie, solank die resultaat vir jou aangenaam is en genot verskaf.

Wat gemaak as jy van baie verskillende goed hou? Mariet en Marnette stel voor dat jy by jou plaaslike boekhandelaar boeke te kry oor binneversiering en ook ’n paar tydskrifte deurwerk of self op die Internet soek. Merk van die foto’s en items wat vir jou mooi is. Kyk na die soort meubels, gordyne, samestelling, kleur en ornamente. Bepaal jou gesin se behoeftes en kyk na julle leefstyl.

Die argitektuur van die huis gekombineer met die gesin se smaak bepaal gewoonlik die styl waarvolgens die interieur gedoen word. Besluit watter meubels of kosbaarhede gehou gaan word en wat die fokuspunte is. Wees versigtig om die mode te slaafs na te volg; gebruik mode-items en -kleure eerder op kleiner of goedkoper oppervlaktes. Die begroting is ook’n faktor wat nie uit die oog verloor moet word nie. Koop liewer min, maar goeie kwaliteit.

Wood & Comfort
Wood & Comfort bied kwaliteit meubels, bykomstighede en dekordienste. Hulle is geleë in Atterbury Value Mart, Faerie Glen. Kontak Mariet of Marnette by 012-991-4875, faks: 012-991-4876, e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek hulle webwerf by www.woodcomfort.co.za.
Senex Interiors
Senex Interiors bied ontwerper-meubels teen bekostigbare pryse – meubels wat eksklusief is en nêrens anders as by Senex gevind kan word nie. Senex bestaan sedert 1943 en bied gratis advies oor binnenshuiseversiering met jou aankope. Hier kry jy ’n verskeidenheid meubels en ornamente vir elke vertrek in jou huis. Alle voorraad is beskikbaar op maklike terme – jy kry 24 maande om te betaal. Senex is in die Wapadrandsentrum op die hoek van Lynnwood- en Wapadrandweg. Kontak hulle by tel: 012-807-1791/2 of faks: 012-807-0340.
Armario Designs
Armario Designs is die Bronberg-plek wat spesifiek volgens jou behoeftes kombuiskaste en hangkaste ontwerp. Hier kry jy ook ontwerpersmeubels. Hulle is in winkel 7, East Ridge Building& Design sentrum, Lynnwoodweg-verlenging, Zwavelpoort. Skakel 012-809-3175 of 076-334-9645.
Old Farm Furniture
Jy kan dalk net die winskoop van ’n leeftyd raakloop by Old Farm Furniture langs Farmers Shed in Garstfonteinweg. Hulle verkoop nuwe en gebruikte meubels en soms is daar verrassings soos ’n riempiesbank wat gerestoureer word. In Maart kan jy laaikaste daar kry vanaf R350. Vir meer inligting kontak Martin by 082-565-0086 of Phillip by 083-859-2238.
Sikspence
Op soek na versamelstukke uit toeka se dae? Sikspence, in 950 Olympusrylaan, ’n klipgooi van die sirkel voor Glen Village, is ’n plek waar jy ’n hele lot ongewone ornamente en versierings kan raakloop. Bel vir Esmé Etsebeth by 082-456-5127.

Vernuftig – versier self so
“Style has nothing to do with money. Anybody can do it with money. The true art is to do it on a shoestring.”- Tom Hogan

The Naked Canvas
The Naked Canvas doen dekoratiewe afrondingswerk in huise vanaf muurskilderye en mosaïek tot houtsnywerk. Dit is egter ook ’n plek waar jy kan leer hoe om self allerhande interessanthede in jou huis se afwerking te gebruik. Hier word gereeld verftegnieke- en mosaïek-werkswinkels gehou. The Naked Canvas is op plot 241, Bashewa, langs Hedera Kwekery. Dit is ongeveer 13 km van Woodlands Boulevard, uit met Garstfonteinweg-verlenging. Vir meer inligting, kontak Elke van den Berg by 012-811-0332 of 083-206-4321 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .
Dekoratiewe ontwerp-kursus
‘n Basiese verftegnieke kursus word elke tweede Saterdag in Cullinan Country Kitchen aangebied van 9 vm tot 2 nm. Hier kan jy leer hoe om jou stokperdjie in ’n inkomste om te skakel deur meubels en kombuise met dekoratiewe verftegnieke te versier. Of jy kan net leer hoe om jou eie meubels te omskep teen ’n fraksie van die prys wat nuwe meubels jou sal kos. ’n Kursus kos R500, wat materiaal en verversings insluit. Om te bespreek, bel vir Heleen by 083-326-1141 of stuur vir haar ’n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .
Aston Framing
Is jou kunswerk so dood soos ’n mossie? Laat Aston Framing toe om dit nuwe lewe te gee. Jy kan kies tussen 800 verskillende rame – vir foto’s, verfdoeke, rugby aandenkings, skilderye, bewaringsraamwerk of boksrame. Maak ’n afspraak met Sonja by 082-415-8221.

Vernu – verf en verseël
“Why do we love certain houses and why do they seem to love us? It is the warmth of our individual hearts reflected in our surroundings.”- TH Robsjohn-Gibbings

Frankert Verwe
Op soek na ’n spesiale kleur verf? By Frankert Verwe word alle verf gemeng terwyl jy wag. Hulle bied jou gratis aflewering, kwotasies, tegniese advies en ’n lojaliteitskaart wat geld terugsit in jou sak. Frankert Verwe is by Farmers Shed, Garstfonteinweg-verlenging. Vir meer inligting skakel 012-811-2203.
Warrior Paints & Hardeware
Het jou houtvensterrame of –deure behandeling nodig? By Warrior Paints & Hardeware kry jy top kwaliteit houtbedekkings, verf in die kleur van jou keuse vir binnens- of buitenshuise mure, ’n omvattende reeks DIY hardeware, kundige advies en gratis aflewering in die nabye gebied. Die Warrior Paints & Hardeware agentskap in die Silver Lakes-gebied behoort aan Chris en Trudy Kotze. Hulle is by nommer 5, Shere, Lynnwoodweg-verlenging. Vir meer inligting skakel 012-809-3334, 083-657-2342 of 083-449-1815.
Epoksihars vloere
W&A Kitchens is die ouens om te sien as jy enige soort kaste wil laat maak. Hulle verskaf kombuis-, slaapkamer-, badkamer-, kroeg- en studeerkamerkaste. Alles word self vervaardig in hul eie fabriek waar hulle ook ’n verskeidenheid deure maak soos ‘post form’, ‘impact’ en ‘wrappe’ deure. Omdat hulle alles self maak, patrone op deure maak en klante kan selfs hulle eie ontwerpe maak. W&A Kitchens maak ook spesiale kaste en eenhede op aanvraag, soos TV-eenhede, boekrakke en rakke in studeerkamers. Vir meer inligting kontak W&A Kitchens by e-pos This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it , bel vir Aleshia by tel 012-644-0470 of stuur ’n faks aan 012-644-0470.

Verpak – ver‘kas’ing van jou keuse
?Have nothing in your homes that you do not know to be useful and believe to be beautiful.?- William Morris

W&A Kitchens
W&A Kitchens is die ouens om te sien as jy enige soort kaste wil laat maak. Hulle verskaf kombuis-, slaapkamer-, badkamer-, kroeg- en studeerkamerkaste. Alles word self vervaardig in hul eie fabriek waar hulle ook ’n verskeidenheid deure maak soos ‘post form’, ‘impact’ en ‘wrappe’ deure. Omdat hulle alles self maak, word hulle nie beperk deur standaard eenhede nie. Hulle kan enige patrone op deure maak en klante kan selfs hulle eie ontwerpe maak. W&A Kitchens maak ook spesiale kaste en eenhede op aanvraag, soos TV-eenhede, boekrakke en rakke in studeerkamers. Vir meer inligting kontak W&A Kitchens by e-pos This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it , bel vir Aleshia by tel 012-644-0470 of stuur ’n faks aan 012-644-0470.
Wildervanck Woodworks
Wildervanck Woodworks vervaardig en installeer kombuise, ingeboude kaste en houtmeubels. Hulle konsentreer op kwaliteit eerder as kwantiteit. Die skrynwerk word deur drie ervare skrynwerkers en ’n paar assistente hanteer. Daardie selfde skrynwerkers behartig ook die installasies wat beteken daar is professionele toesig. Hulle hanteer maksimum twee of drie kontrakte op ’n slag sodat al hul aandag aan spesifieke projekte gegee kan word. Hulle maak gebruik van top gehalte ingevoerde houtwerkmasjiene van Duitsland af wat die skrynwerkers in staat stel om tot ’n tiende van ’n millimeter akkuraat te werk. Wildervanck werk met enige soliede hout, melamien, fineer borde en ‘valchromat’. Hulle beskik oor ’n volledig toegeruste spuitverfkamer waar die nuutste ‘luglose’ stelsels gebruik word wat hulle produkte ’n perfekte finale afwerking gee. Wildervanck is op die ou Bronkhorstspruitpad tussen die Rayton/Cullinan en Donkerhoek afritte. Kontak Nicolene Wildervanck by This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it , 072-064-0854 of 086-604-0119.

Verbeter – vir water en glas
“If I were a psychiatrist, I think I would like to inspect my patients’ bathrooms before investigating any other aspect of their lives.”- Mark Hampton

Badkamers

On-Tap Plumbing & Hardware
On-Tap Plumbing & Hardware bied jou ’n wye reeks benodigdhede wat strek van industriële warmwaterstelsels tot gewone geysers en ’n geyser wat deur hulle self ontwerp is om sonkrag te gebruik. Dié plek bied jou alles, van baddens, wasbakke en toilette tot krane, stortdeure, badkamerkaste, teëls, mosaïek, hardeware, gereedskap, pype, kleppe en selfs jacuzzi’s en spa baddens. On Tap Plumbing & Hardware is in die Silverwell Retail sentrum Lynnwoodweg. Kontak hulle by tel: 012-809-1634, faks: 012-809-0858, e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek hul webwerf: www.ontap.co.za.

Water

Quality Water
Hoe skoon is jou kraanwater? Quality Water is die verskaffer van tru-osmose watersuiweraars, huishoudelike en semi-industriële UV ligte, ontkalkers, verskeie filters en onderdele sowel as osoneerders. Vir meer inligting skakel vir Magda by 012-993-1984, 082-446-9694 of 082-499-4737.

Glas

Glass Planet
Glass Planet spesialiseer in raamlose storte, glasprosesering en die installasie van glas. Hulle bied ook gewone stort- en badafskortings en vervaardig veiligheidsglas vir gebruik in huise en die maak van spieëls en glasblaaie vir tafels en glasrakke. Glass Planet lewer sedert 2001 ’n diens aan Pretorianers en het onlangs uitgebrei na die Hartbeespoort-omgewing. Hulle het ’n CNC-masjien waarmee glas-prosesering gedoen word, dus kan hulle ’n eenstop-diens lewer. Hul 10 m² snytafel waarborg hoë produktiwiteit en vinnige afleweringstyd. Vir meer inligting, besoek www.glassplanet.co.za, stuur ’n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it , ’n faks aan 012-804-5143 of skakel 012-804-5148.
GlassWorx
As jy beplan om self iets met glas in jou badkamer of enige ander plek in jou huis te doen, maak ’n draai by GlassWorx op plot 28, Tierpoort, Garstfonteinweg-verlenging. Hier kan jy glas aankoop of glas laat sny en kry jy persoonlike diens. Hulle voorsien ook vensterglas vir hout- en aluminium-vensters vir huise. Vir meer inligting, kontak Charmaine by 082-366-3084.

Verbande – verdien só
“Your house is your home only when you feel you have jurisdiction over the space.”- Joan Kron

SJ Hefferman Incorporated
SJ Hefferman prokureurs, notarisse en aktevervaardigers is geleë in die Tijger Vallei Kantoorpark, naby Silver Lakes. Hulle bied kliënte regsadvies oor eiendomswette – van die koop en verkoop van eiendom of enige ander eiendomsverwante sake. Stephen John Hefferman, die direkteur van die firma het as prokureur begin werk in 1997 en as aktebesorger in 2005. Hy het sedertdien begin spesialiseer in eiendomswetgewing en het goeie verhoudings opgebou met rolspelers in die eiendomsmark, vanaf ontwikkelaars tot verbandopstellers en eiendomsagentskappe. Dié praktyk dien op die aktebesorgingspanele van die groot banke in Suid-Afrika. Vir meer inligting, skakel 012-809-3265, 012-809-3168, 082-855-9669 of stuur ’n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .
Bondaid
Bondaid is deel van ’n nuwe verskynsel in die Suid- Afrikaanse huisleningsmark. As opsteller en bewerker van verbande speel dié firma ’n strategiese rol deur middelman te speel tussen die lener en die bank. Bondaid spesialiseer daarin om die laagste verbandlening wisselkoers te bewerkstellig vir bestaande en nuwe residensiële verbandhouers. Die diens wat hulle aan kliënte bied is gratis omdat hulle kommissie betaal word deur die bank. As jy ’n verband direk deur Bondaid reël, deel hulle ’n deel van dié kommissie met jou en betaal al jou verbandregistrasiekostes plus 0,5% kontant terug op die waarde van die verband. Vir meer inligting, kontak Johnny Lubbe by 082-466-6287 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek hul webwerf by www.bondaid.co.za.

Versorg – vir dienste gelewer
“If a home doesn’t make sense, nothing does.”- Henrietta Ripperger

Hoogland Elektries
Hoogland Elektries doen nuwe installasies en foutnasporing. Hulle doen ook installasie toetsing vir die uitreiking van sertifikate en die instandhouding van huisbedrading, stowe en geisers. Vir meer inligting, kontak Ben Moolman by 072-243-4297.
GSM Electro
GSM Electro is elektriese en meganiese kontrakteurs. Hulle doen nuwe elektriese installasies, die installasie van lugversorgers soos Futronic, Luxaire en York, en diens en onderhou lugversorgers. Vir meer inligting, skakel Sonette of Gys by 012-811-0069 of 084-767-4850.
XCel Plumbing
XCel Plumbing kan jou help as jy op soek is na ’n kraantrok vir die vervoer van stormwater pype, mangat ringe, houers, transformators en TLB’s. Bel vir Lourens by 083-250-5031 of Bertus by 083-452-2127.
Nutsman
Op soek na iemand om jou te help met allerhande dingetjies wat gedoen moet word in en om jou huis? Noem dit en Dennis McDonald kan dit vir jou regmaak, onderhou of verf. Hy is ook die een om te kom toesig hou as jy ander werkers het. Dennis bly in Wapadrand. Bel hom by 082-334-6801.

Veilig – van deure tot mure
“If you were asked to name the chief benefit of the house, I should say: the house shelters daydreaming.”- Gaston Bachelard

Motorhuisdeure

Right Fit Garage Doors
Right Fit Garage Doors spesialiseer in die verskaffing, installasie, outomatisering en onderhoud van motorhuisdeure. Hulle doen ook hek-outomatisering. Hulle is in 1989 gestig en bied jou ’n wye reeks veilige en duursame motorhuisdeure om jou huis se styl te komplimenteer. Alle deure is beskikbaar as enkel- of dubbeldeure. As jy wil hê dat jou motorhuisdeur anders moet lyk as enige ander een in die wêreld, is hierdie die mense om te sien. Hulle het so pas’n nuwe eksklusiewe reeks bekend gestel. Jy kan selfs jou eie ontwerp na hulle toe neem, en Right Fit sal dit op jou deur se hout uitsny. Vir meer inligting besoek Right Fit op plot 19, Zwavelpoort (inrit langs Silver Lakes Action Sports) of kontak Right Fit by tel: 012-809-0784, faks: 086-693-3909, sel: 082-788-9197, e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek hulle webwerf by www.rightfit.co.za.

Mure

Des Arts mure
Des Arts bied jou voorafvervaardigde mure met die voorkoms en karakter van ’n soliede muur. Daar is dieselfde mooi patroon aan albei kante van die muur met onsigbare paneelskakeling. Geen onderhoud is nodig nie. Dit word vinnig en goedkoop opgerig en die panele en pale is met staal bewapen. Jy kan kies uit ’n verskeidenheid hoogtes en voorkomste, soos mure wat soos baksteenmure of houtpanele lyk. Vir meer inligting bel vir PC Jansen by 082-963-8505.

Omheinings

All purpose Steel fencing and Gates
Hier kan jy van die mees bekostigbare omheinings in die Bronberg-omgewing raakloop. Vir meer inligting, kontak Deon by 012-807-0462 in kantoorure, 012-997-1531 na-ure, of 083-331-3588.
Pta East Security Solutions
Hier kry jy sekuriteitsoplossings teen baie goeie pryse. Bel vir gratis kwotasies vir elektriese omheining (vrystaande of bo-op mure), hekke en outomasie, sekuriteitshekke en diefwering. Kontak Rudolph by 082-800-8816.

Vir buite – van swem tot berg
“Oh, the fun of arriving at a house and feeling the spark that tells you that you are going to have a good time.”- Mark Hampton

Swembaddens

Hippo Pools
Hippo Pools bied spuitsement en marmer pleisterwerk swembaddens asook vooraf gevormde veselglas swembaddens in 18 verskillende vorms en groottes om jou smaak en sak te pas. Dié vervaardigers van SABS en NSPI goedgekeurde swembaddens is op die hoek van Atlas- en Nelsonweg in Kempton Park, maar installeer graag swembaddens in die Bronberg-gebied. Skakel 011-973-3724/5/6 vir meer inligting.

Buitekamers en bergplekke

Des Arts Huise
Des Arts Huise Dink jy daaraan om vinnig ’n werkswinkel, buitekamer of eenslaapkamer huisie te laat oprig? Kontak Des Arts om jou te vertel van die baie huisontwerpe wat met voorafvervaardigde mure opgerig kan word. Dié mure word rondom staalrame gebou met ’n 70 mm sementvloer, teëldak en op-bestelling gemaakte vensters. Daar is dieselfde mooi patroon, wat lyk soos hout of bakstene, aan albei kante van die muur met onsigbare paneelskakeling. Vir meer inligting, bel vir PC Jansen by 082-963-8505.

Verbou – vir voorraad
“We shape our dwellings, and afterwards our dwellings shape us.”- Winston Churchill

B-House
‘B-House Building Supplies’ het oor die jare bekend geword as ’n voorsiener van bykans alles wat ’n mens nodig het vir huisbou, van bakstene, sand, stene, sement en hardeware. Hulle lewer minnie en maksi vragte boumateriaal af. Een van die vernuftigste masjiene wat by B-House beskikbaar is, is die ‘K9 Digger’, ’n klein grawer wat deur ’n normale deur kan pas met 70 aanhegsels. Dit is vir diegene wat gate wil grawe, landskapsprojekte wil aanpak of sement wil opbreek. B-House is op die hoek van Garstfonteinweg-verlenging en Blesbokstraat, oorkant Mooikloof. Skakel 012-480-0088 of 084-550-6061/2 vir meer inligting.
Newlands Staal
Newlands Staal bied bykans enige iets vir diegene wat wil bou, aanbou of verfraai, van staalprodukte soos palisade omheining, duiwelsvurk panele, versterkte staal, en loodgieterpype tot siersteen-, sement-, klei- en plaveiselbakstene, hout, pale, sement, plafonborde,omheiningsmateriaal, hekmotors, hardeware, pompe en watertenks. Newlands Staal het op 18 Maart getrek na ’n nuwe perseel, slegs vyf kilometer verder aan met Garstfonteinweg- verlenging, oorkant Mooikloof Heights Estate. Skakel hulle by 012-993-1255 of 012-998-6635. Hou Newlands Staal se advertensie op die agterblad dop vir nuwe produkte en dienste.
Bronberg Handelaars
As jy op soek is na SABS goedgekeurde hout vensterrame, behandelde hout en houtpale of ou-wêreldse dakbalke, kan jy gerus ’n draai maak by Bronberg Handelaars. Hulle verskaf ook staal, draad, pale en omheiningsmateriaal en sement. Bronberg Handelaars is op plot 24, Lynnwoodweg-verlenging. Kontak hulle by 012-809-1310 / 0751 of 083-263-1066.
Trail Timber
Trail Timber verskaf SABS pale en roem hul daarop dat hulle die goedkoopste verskaffer van SABS CCA behandelde pale in Pretoria is. Hulle installeer ook houtdekke van Saligna teen R480 per vierkante meter, insluitende installasie-koste. Trail Timber is by Farmers Shed in Garstfonteinweg-verlenging. Vir meer inligting skakel 012-811-0417, vir Francois by 082-413- 5446 of vir Etienne by 084-514-4348.
ISP Steel
ISP Steel het ’n groot verskeidenheid staalprodukte wat strek van dekoratief tot prakties. Hier kan jy soek na plaatgaas, palisade panele, lemmetjiesdraad, roosterwerk vir vloere, verf, hardeware, geute, gas, dakplate in alle kleure en ’n verskeidenheid stawe, staalpype en verwante produkte. Die staalprodukte word vir jou gesny en afgelewer en ISP Steel sny en buig ook versterkende staal vir jou fondasies. ISP
Steel se Lynnwood-tak is in Lynnwoodweg, Die Wilgers, oorkant Presley’s. Skakel 012-807-3996 / 0987 of 083-417-2993. Die Silver Lakes- tak is in Lynnwoodweg-verlenging oorkant Lombardy Landgoed. Skakel 012-809-0216. Kyk na ISP Steel se advertensie op die binne-agterblad vir meer inligting.
Tierpoort Steel & Pipe
Op soek na staal, hardeware of ornamentele gietwerk? Maak dan ’n draai by Tierpoort Steel & Pipe by Farmers Shed, plot 10, Garstfonteinweg-verlenging. Onthou dat hulle ook aflewerings doen.Hier kan jy ’n volledige vuurherd koop teen R2 800. Vir meer inligting, skakel 012-811-0470.
Patt Projekte
Patt Projekte bied jou meer as 25 jaar ondervinding in staal konstruksies, vliegtuig loodse, fabrieke, store, ‘chromadek’, ‘alucushion’, skuifdeure, ‘bullnoses’, polykarbonaat plate, sement en gas. Hulle is in Bashewa geleë, uit met Garstfonteinweg-verlening. Vir meer inligting, kontak Piet of Tina van der Merwe by 012-811-0125 / 0753.
Willow Quarries
Willow Quarries verskaf Willow Wonder sand, riviersand, gruisklip, betonstene, G4, opvullingsmateriaal, metallurgiese silika en ’n verskeidenheid ander soort boumengsels. Hulle is op plot 47, Lynnwoodweg-verlenging, Zwavelpoort. Skakel 012-809-0288/9.
 

© 2019 Die/The Bronberger