Ons kan help om jou voorsate op te spoor PDF Print E-mail
News - Toeka se dae
Tuesday, 16 November 2010 08:52
Untitled Document

“’n Mens bestaan nie opsigself nie; jy móét weet waarvandaan jy kom en wie jou voorsate is” (M.E.R.)

Weet jý waarvandaan jy kom?

Ken jý jou voorsate?

Moenie hierdie vreugde, wat op ’n ontdekkingstog ervaar word, misloop nie!

Ons kan jou help!


Die Bosmans in 1899

Die Versters in 1892

Op die tweede Dinsdag van elke maand van 10:00 tot 12:00 leer ons belangstellendes hoe om hulle eie voorsate op te spoor. Groot sukses is al hiermee behaal. Indien jy voltyds werk kan ons jou Saterdae of na-ure in die week help. Met elke byeenkoms word ’n interessante praatjie oor ’n genealogiese onderwerp aangebied soos:

  • Naamgee konvensies onder volke
  • Erfenis van voorouer gene
  • Foto’s vertel ’n storie
  • Konsentrasiekamp ervarings
  • Die verspreiding van homo sapiens oor die aardbol

Ons reël van tyd tot tyd besoeke aan argiewe, waar baie belangrike genealogiese navorsingsbronne gevind kan word. Indien jy nie kans sien om dit self te doen nie kan ons dit vir jou doen.


Die Mosterts

Hulp om troudatums op te spoor

Doelwitte van navorsing kan wees:

  • Opspoor van patriargale stamlyn tot by die stamvader
  • Opspoor van matriargale stamlyn tot by die stamvader
  • Opspoor van matriliniêre stamlyn tot by die stammoeder
  • Opspoor van grootouers se stamlyne tot by die stamvaders
  • Opspoor van alle stamouers in Suid-Afrika (10 geslagte kan 1 024 oplewer)
  • Die grafiese voorstelling van bogenoemde resultate (stamboom, fotoboom, waaierkaart, ens.)

Wie is ons? Paul en Ria Bosman KleinGen Familienavorsers 082-851-4039 (Paul) & 072-377-6021 (Ria) en 012-802-1009 This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it


Paul se fotoboom

 

© 2018 Die/The Bronberger