Print E-mail
News - Briewe
Thursday, 09 December 2010 22:46
Untitled Document

Ina du Preez van Zwavelpoort skryf:
Minè Vosloo, dogtertjie van Retha en Allan Vosloo, bestuurder van JFT Security, het dringend hulp nodig. Sy het een van die wêreld se skaarste siektes; haar rooi- en witbloedselle veg teen mekaar.

Miné is op ’n waglys vir 20 Desember vir die vervanging van haar niere en lewer. Die mediese onkostes is R900 020 en die medisyne wat sy ná die oorplanting moet kry kos R70 000 per behandeling, want dit word ingevoer van Switzerland af.

Allan en Retha se mediese fonds is uitgeput en hulle het baie geld nodig om met behandeling voort te gaan. Die Bronberg-mense en Conserv-lede was alreeds so goedhartig en daar is al R70 000 ingesamel, maar dis net genoeg vir een van die behandelings ná die oorplanting. Ons is op soek na mense wat skenkings kan maak vir Miné.

Vir meer inligting bel vir Antoinette Wildon by 082-802-2519.

 

© 2020 Die/The Bronberger