Beswaar teen swaar voertuie in Cullinan Print E-mail
News - Aktueel
Thursday, 09 December 2010 22:56
Untitled Document

Elsabé Maré

Cullinan-inwoners het genoeg gehad van die swaar voertuie wat verkeer in Oaklaan laat opeenhoop. Volgelaaide swaar voertuie van tien ton en meer, sommige met sleepwaens, vervoer daagliks hulle vragte deur die hart van Cullinan.

Dawn Morisson, eienaar van ’n onderneming in die Jewel-sentrum in Oaklaan het die idee gehad om petisies by alle winkels in dié sentrum beskikbaar te stel waar beswaardes hul handtekeninge kan plaas.


Binne 10 minute op 30 November het vyf swaar voertuie by die vierrigtingstopstraat in Oaklaan afgedraai

Volgens Theo Rossouw, raadslid van Metsweding Munisipaliteit, was daar vroeër ’n vragbeperkingsteken op Oaklaan se hoek voor die Wimpy.

Dit is intussen verwyder.

Hy sê die swaar voertuie is ’n veiligheidsrisiko, veroorsaak klank- en lugbesoedeling en vernietig padoppervlaktes. Blykbaar was daar in die sestiger jare planne om swaar verkeer vanaf die Chris Hani-woonstelle in Zambeziweg-verlenging om die suidekant van die dorp te neem.

Die ingang sou suid van die Telkomkantoor op die R515 regoor die noordelike grens van Zonderwater Korrektiewe Dienste weer inkom.

 

© 2020 Die/The Bronberger