Gesin met intrapslag in Faerie Glen beroof Print E-mail
News - Aktueel
Thursday, 09 December 2010 22:57
Untitled Document

Die Kleynhans-gesin is met die intrapslag in hul nuwe Faerie Glen-huis deur rowers oorval.

Die meeste van die gesin se besittings het in bokse gestaan toe ’n rower op Maandag 29 November met ’n 9 mm pistool instap. Nog twee rowers met skroewedraaiers het op sy hakke gevolg en ’n vierde het buite in ’n motor gewag.


?n Rower het Andr Kleynhans met skroewedraaier oor die kop geslaan

Die 15-jarige Jehan Kleynhans en sy vyf-maande swanger tannie, Gisela Knispel, was in die kombuis besig om uit te pak. Die rower met die pistool het gewys hulle moet stilbly en gevra of daar nog mense in die huis is.

Jehan het gesê dat sy oupa, André Kleynhans, in sy kamer is. Die rowers het hom gaan haal en beveel om saam met hulle sitkamer toe te stap. André is op pad met ’n skroewedraaier oor die kop geslaan omdat hy te stadig geloop het.


Jehan Kleynhans met onuitgepakte bokse in die agtergrond
Foto?s: Deaan Vivier

Die rower het vir Jehan gevra of hulle besig is om in of om uit te trek. Toe hy sê dat hulle intrek, het die rower gevra hoekom hulle in so ’n gevaarlike buurt wil intrek.

Die rowers het juwele gevra, maar is net met kralewerk, die TV en die hek se afstandbeheertoestel weg.

Die Garsfonteinse polisie was gou op die toneel.

 

© 2020 Die/The Bronberger