Slapende Mooiplaatsers deur venster geskiet Print E-mail
News - Aktueel
Thursday, 09 December 2010 22:58
Untitled Document

Marco en Monya del Fabbro van Mooiplaats is deur hul slaapkamervenster geskiet terwyl hul tweejarige dogtertjie, Antonella, tussen hulle lê en slaap het. Die aanval het op Donderdagaand 18 November plaasgevind.

Toe die eerste koeël Marco tref, het hy Antonella van die bed afgeruk en in die gang gesit. Hy is toe reeds in albei lieste en in die heup geskiet, maar het teruggekeer om sy vrou te gaan haal. Monya is in die voet geskiet en Marco het nog ’n skoot in die rug gekry. Marco het Monya en Antonella na hul 12-jarige dogter, Anya, se kamer toe geneem.

Vier rowers het intussen deur die slaapkamervenster geklim en een van hulle het ’n vuurwapen in Marco se gesig gedruk en hom beveel om op die bed te gaan lê sodat hy vasgemaak kan word. Marco het gesê dat albei sy bene raakgeskiet is en hy nie kon loop nie.

’n Ander aanvaller het na Anya se kamer gegaan en ’n vuurwapen op Monya gerig. Hy het haar na die hoofslaapkamer geneem terwyl Anya by die huilende Antonella gebly het.

Die aanvallers het heeltyd vuurwapens op Marco en Monya gerig terwyl hulle die hoofslaapkamer geplunder het. Hulle het binne minute met hul buit gevlug.

 

© 2020 Die/The Bronberger