Dié tyd van die jaar word
kinderbriewe aan Kersvader
geskryf en wenke
word aan pa en ma gegee, wat
immers die regte kontakte behoort
te hê, oor watter speelgoed die
hartjies bly sal maak. Oor die afgelope
eeu het die aard van speelgoed
kwaai verander. Videospeletjies,
rekenaars, TV, selfone en ander digitale
kinderoppassers het ouers oorval.
Tog het sekere ou staatmakers
soos poppe, speelgoedkarretjies en
bordspeletjies gewild gebly. Ons het
na van die gewildste Kersgeskenke
van elke nuwe dekade van die afgelope
eeu gaan kyk.
Kewpie pop:
Kerstyd,
1909/1910

Kewpie poppe
was van die heel
gewildste Kersgeskenke
vir
kinders van die
vroeë 1900’s af
en kry selfs vandag
nog aftrek.
Die poppie is
gebaseer op ’n
karikatuur in ’n
tekenprentjie
wat destyds in die ‘Ladies’ Home
Journal’ verskyn het.
Die Hornby Trein: Kerstyd,
1919/1920

Dié modeltrein is deur Meccano
gemaak en was wêreldwyd baie
gewild onder seuntjies en hulle pa’s.
Duncan Yo-Yo: Kerstyd,
1929/1930

Die Amerikaanse entrepreneur,
Donald Duncan, het daarvoor
gesorg dat die klimtol een van die
gewildste speelgoed van die 1920’s
en 1930’s geword het. Die klimtol
het die
aanslag
van die
tyd weerstaan
en
peul
steeds
kort-kort
in speelgoedwinkels
uit.
Monopoly: 1939/1940

Dié beroemde bordspeletjie is in die
1930’s gepatenteer en is seker dié
suksesvolste speletjie van sy aard in
die geskiedenis. Hoeveel ure se plesier,
maar ook argumente en familietwiste
het dit nie deur die dekades
veroorsaak nie?
LEGO: Kerstyd, 1949/1950

Lego is in die laat 1940’s vir die
eerste keer aan die speelgoedmark
voorgestel en het die verkope van
Kersgeskenke vir kinders in 1949
oorheers. Die eerste Lego is ‘Automatic
Binding Bricks’ genoem en die
blokkies was van vier verskillende
kleure.
Barbie Pop: Kerstyd
1959/1960

Barbie was verlede jaar presies 50
jaar oud en het sedert haar ontstaan
in 1959 een van die heel gewildste
Kersgeskenke tot nog toe geword.
James Bond Aston Martin:
Kerstyd 1969/1970

Dié model Aston Martin DB5 is deur
Corgi op die mark geplaas net voor
vrystelling van die James Bond fliek,
‘Thunderball’, en het Corci se heel
gewildste produk geword.
Trivial Pursuit: Kerstyd
1979/80

Nog ’n bordspeletjie
wat wêreldwyd
inslag
gevind het is
‘Trivial Pursuit’.
Hoewel
dit veral
deur grootmense
gespeel word, is dit grootliks
aan die begin vir kinders as Kersgeskenke
aangekoop.
Rubik se
kubus:
Kerstyd,
1989/1990

Dié kopkrapper-speelding word
beskou as dié beste verkoper ooit
onder speelgoed. In Januarie 2009 is
350 miljoen kubusse reeds wêreldwyd
verkoop.
Pokémon ruilkaarte:
Kerstyd, 1999/2000

Dié versamelkaarte
was ’n
byproduk
van ’n gewilde
videospeletjie
en was
onmiddellik
wêreldwyd
’n
reuse sukses.
Dit is
die gewildste kaartspeletjie van sy
aard nog.
Bakagun battle brawlers:
Kerstyd 2009

’n Aksie-speelding wat sy oorsprong
in ’n Oosterse TV-reeks het, het ook
in Suid-Afrika soos soetkoek verkoop.
Kerstyd 2010

Dié afstandbeheerde Sjinese apie
het die Westerse wêreld behoorlik
ingeneem. In Brittanje en Amerika
word voorspel dat Dave by verre die
gewildste Kersgeskenk sal wees.
Twee van Pretoria se takke van
Suid-Afrika se grootste speelgoedwinkelgroep
het nie geweet waarvan
ons
praat toe
Die Bronberger
wou hoor of Dave hier
beskikbaar is nie.
|