Het jy gehoor? / Have you heard? - Des 2010 PDF Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Thursday, 09 December 2010 21:04
Untitled Document

By een van ons verspreidingspunte het ’n Amerikaanse vrou baie opgewonde haar Bronbergers ontvang. Op die vraag of sy dan Afrikaans kan lees, het sy geantwoord dat die Internet ons stories vir haar vertaal. Sy gaan bloot na ons webtuiste, www.bronberger.co.za, en kies Google se ‘translate’ opsie by elke storie.

xxx

Baie benoude oproepe het gevolg nadat Die Bronberger se verspreidingspunt in Lynnridge Mall verander het. Lesers het voorheen hulle tydskrifte by Leeubrug gekry, wat intussen getrek het. Bronbergers is nou by die blommewinkel oorkant die poskantoor beskikbaar en by Lots of Pots, oorkant die pad.

xxx

Die straatkantmuur by Cullinan se ‘cultural village’ oorkant die stasie is na baie maande se stadige, en puntenerige werk deur ’n deeglike kunstenaar eindelik klaar beskilder. Die pragtigste, kleurvolle Ndebele-patrone op die lang muur was die gevolg. Maar skaars was die stomme ou klaar met sy taak, of ‘hulle’ kom en verf sy hele kunswerk toe met wit verf. Nou hoor ons, maar ons kan dit nie bevestig nie, dat die rede vir dié sinlose optrede juis daarin lê dat dit Ndebele-kuns was. Blykbaar het die Pedi-oorheersde owerheid nie gedink dis ‘cultural’ genoeg nie. Wat die kunstenaar betaal is vir sy maandelange, vrugtelose arbeid kan net bespiegel word.

xxx

Die skandes en skades van die Bronberg se mense loop blykbaar volspoed soos die jaar na sy einde toe snel. Skaars het ’n bekende plotbewoner van Zwavelpoort die smeerblad ‘Sondag’ gehaal met sy manewales en bakleiery in ’n plaaslike gay klub, nogal, of ’n Silver Laker beland in die pekel en op die voorblaaie van al die koerante oor sy haar rugbyspelende troetelknapie glo wou laat vermoor. En ons hoor ’n Romeo van Tierpoort wou haastig hakskene wys toe die skoonheid waarby hy gekuier het se wederhelfte onverwags by die huis opdaag. Ongelukkig vir hom jaag hy toe blykbaar in sy koorsagtige haas ’n hoekpaal des dinges. Hy het glo nog gesukkel om die gekweste kar aan die gang te kry, toe manlief om die draai kom . . .

xxx

Phase one of Pathways Residence’s building process has started and fundraising drives for this Tierpoort-based project are in full force. You can take a look at the plans for the Pathways Residence at www.pathways-residence. co.za. For more information contact Carol Carlsson at 082-785-1542 or Beverley Viviers at tel: 082-495-6710 or e-mail: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

xxx

Meer gemeenskapsveiligheidsgroepe in die Bronberg-omgewing ondersoek die moontlikheid van aankope wat hul sal help om lewens te red, die omgewing ’n harde teiken vir misdaad te maak en toekomstige bedreigings aan te spreek. Dié toerusting strek van termiese beeld sigtoerusting waarmee ’n mens in die nag kan sien tot noodhulptoerusting soos draagbare en suurstofsilinders.

xxx

With the festive season approaching, authorities are warning motorists to pay cash rather than hand over credit cards at toll roads. Bank card skimming syndicates are now targeting tollbooths on highways. Skimming devices are used to capture the information on the magnetic strips of bank cards, they say.

 

© 2019 Die/The Bronberger