‘n Eeu gelede kon Kersvader enige kleur dra PDF Print E-mail
News - Toeka se dae
Thursday, 09 December 2010 21:23
Untitled Document

Waar kom Kersvader se rooi uitrusting vandaan? Ons het op ’n versameling poskaarte, wat almal uit die jaar 1910 dateer, afgekom en besef dat Kersvader ’n honderd jaar gelede groen, blou, bruin en selfs pers uitrustings kon dra.


Dié blou-geklede Kersvader op ’n 1910 poskaart kos vandag ’n aardige bedraggie

Dié Duitse poskaart met ’n groen Kersvader is in reliëf met ’n glansafwerking

Daar is ’n populêre mite dat dit die Coco Cola maatskappy is wat Kersvader in die 1930’s van sy groen jas, broek en hoed laat ontslae raak het. Blykbaar het hulle hom in helderrooi aangetrek om te pas by Coco Cola se handelsmerk.


Dié blou en wit Kersvader kom uit Duitsland van 1910

Versamelaars gaan mal oor dié pers Kersvader se stewels met hulle geel diamantvormige versierings

Hier het ’n rooi-jas Kersvader ’n groen broek aan terwyl hy met die een voet reeds in die skoorsteen staan

Volgens kenners is dit egter nie waar nie. Kersvader het reeds in die 1860’s in ’n rooi uitrusting in ‘Harper’s Weekly’ verskyn. Die uitbeelding van dié Amerikaanse Sinterklaas is deur Thomas Nast gedoen


Nog ’n poskaart van ’n blou Kersvader, dié keer saam met ’n rendier

’n Blou Kersvader bring persente met ’n kruiwa

Die feit is dat Kersvader dwarsdeur die 19de eeu in enige denkbare kleur uitrusting uitgebeeld is. In ’n gewilde tekening van Kersvader wat as illustrasie vir Charles Dickens se ‘A Christmas Carol’ gedien het, verskyn hy in ’n groen uitrusting.


Die poskaart met ’n seegroen Kersvader lees: Vive St. Nicolas

Die tradisie van ’n pers, groen, blou of bruin geklede Kersvader het egter uitgesterf en vandag is dié jolige vetwang, witbaard man net in Coco Cola se kleure herkenbaar as Kersvader.


’n Bruin-jas Kersvader met ’n slee, Kersboompie en sak persente

’n Pers-geklede Kersvader hou ’n lampie vas. Die poskaart sê: With All Good Wishes

 

 

© 2019 Die/The Bronberger