Pa van Donkerhoek deur voorruit geskiet Print E-mail
News - Aktueel
Thursday, 09 December 2010 23:24
Untitled Document

George Visser van Donkerhoek is die laaste naweek in November deur sy Land Rover se voorruit geskiet toe hy voor sy huis stilgehou het. Hy is in die nek gewond en het dadelik sy sesjarige seun Zane agter in die voertuig neergegooi waar hy weggekruip het.

George se vriendin, Zelda Keuler, het die skote gehoor en die voordeur oopgemaak. Sy is oorval deur ’n gewapende man wat haar na die slaapkamer geneem en op die grond gegooi het. Nóg twee aanvallers het kort daarna vir George die kamer ingebring.

George en Zelda is met vuurwapens oor die kop geslaan en Zane, wat van ’n verjaardagpartytjie af gekom het, is uit die Land Rover gaan haal. Die aanvallers het juwele en geld gesoek.

Hulle was besig om die huis te plunder toe ’n voertuig se ligte hulle op loop laat slaan het met ’n skootrekenaar en selfone. Zelda se ma Leona, wat daar naby woon, was in die voertuig. Sy het ’n pynpil by haar dogter kom soek.

George is geopereer en Zane kry traumaberading.

 

© 2020 Die/The Bronberger