Kaskarpret by Wilgies Print
News - Ons Mense
Tuesday, 25 June 2019 09:21
Untitled Document

Hoërskool Die Wilgers se terrein was op 17 Mei die ene bedrywigheid met kaskarspanne wat in klasverband teen mekaar meegeding het, asook graad sewe leerlinge van Laerskole Tygerpoort, Die Krans en Skuilkrans.


Die kaskar-spanne staan gereed
Foto: SB Photography

Die 583 meter kaskarbaan het vele hindernisse gebied en die kompetisie het vier ure geduur. Selfs die onderwysers het in die pretgedeeltes uitgeblink en het met kreatiewe uitrustings gepryk.

Dié Kaskardag is een van die hoërskool se grootste fondsinsamelingsprojekte van die jaar en fondse gaan gebruik word om ‘n area te skep waar kinders ná skool onderdak by die hoofhek kan wag.