Vuurwaterfees het gekook Print
News - Ons Mense
Tuesday, 25 June 2019 09:23
Untitled Document

Dinge het gekook by die jaarlikse Mampoerfees op 1 Junie by die Ditsong Willem Prinsloo Landboumuseum.


Daar was allerlei pretkompetisies soos dié aartappelskilkompetisie

Mampoer is per sopie geproe
.

By dié fees is mampoer en likeurs behoorlik geproe. Sanger Pieter Koen het die gaste vermaak en Boeredansers het ‘n demonstrasie van die mazurka, settees en die wals gegee. Hawerjeug het Boeresport in die arena aangebied.


Pieter Koen het die gaste vermaak

Daar was ‘n biertuin vir die dorstiges, ‘n verskeidenheid kos- en vlooimarkkraampies en ’n vertoning van veteraan trekkers en -enjins.


Die veteraan trekkervertoning
Foto’s: Ditsong Museums