Seniors herleef toeka Print
News - Ons Mense
Tuesday, 25 June 2019 09:23
Untitled Document

Die Tierpoort Seniors se byeenkoms op 5 Junie het harte warm laat klop, ten spyte van die winterwindjie buite.

Die brandende kaggel by Shokran in Tau straat, Tierpoort en antieke ware uit Deon Alers se versameling het die nostalgiese gevoel van ‘Toeka se Dae’ laat herleef.


Chris Grib, Renita Malherbe, Lettie van Tonder en Liz Adams in ’n gesellige luim

Gasvrou, Charmaine Lourens, het die seniors verwelkom met bekertjies warm sjokolade, wat herhaaldelik gevul is en die seniors kon aan Shokran se pekanneute smul. Koos Theron, die oudste lid, kon weer sy verjaardag saam met al sy vriende vier. Dié keer het hy 91 jaar oud geword.


Laurie Marshall kuier saam met Hennie en Amanda Alberts

Die gasspreker, Anton Jansen van die plot ‘Belofte’, is ‘n geboue historikus en die hoof uitvoerende beampte van Tshwane Geboue Erfenisvereniging. Interessante vergelykings van bouregulasies wat al geldig was vanaf die oprigting van Salomo se tempel tot vandag se ou geboue is met insig en humor gedeel.


Die 91-jarige Koos Theron is die oudste senior

Egte boerekos, deur die komitee voorberei en bedien, het goed by die tema ingeskakel. Herderspastei, ’n groenboontjiegereg, soetwortels en skywe beet het die tafels laat kreun. Die ete is met ‘n appelkoos-krummelnagereg en vla afgesluit.