Hier kraai kinderkuns koning Print
News - Ons Mense
Monday, 19 August 2019 18:48
Untitled Document

CVO leerlinge se kunswerke is op 19 Julie met ‘n Beeldende Kunste uitstalling by die Beweging vir Christelik Volkseie Onderwys (BCVO) se perseel in Serenestraat, Garsfontein uitgestal.


Lianie Robberts, graad vyf, se kunswerk met die naam ‘Abstrak en Water’

Die BCVO is die sambreelmaatskappy waarby CVO-skole geaffilieer is. Hulle lewer verskeie dienste aan CVO skole soos studiemateriaal, professionele advies en gekoördineerde sport- en kultuurgeleenthede op streek- en nasionale vlak.


Alyssa Swart, graad vyf, met gemengde media

CVO leerlinge kry jaarliks geleentheid om in verskeie afdelings aan die BCVO Kultuurfees deel te neem: Vanaf redenaars, toneel, voordragte, sang en musiek tot literêre werk, beeldende kuns, fotografie en kunsvlyt.


Cara Tomlinson, graad twaalf, skilder ‘n afgekampte stuk veld met wolke


Anja van Wyk, graad sewe, het op ‘n plaashek gefokus
.

Leerlinge neem eers plaaslik deel by die landswye CVO skole. Die beste inskrywings dring na die streeksrondte deur. Die bestes van elke streek dring dan na die nasionale rondte deur waar elke inskrywing weer deur onafhanklike beoordelaars beoordeel word.


Genique le Roux, graad een, se kunswerk is getiteld ‘Sprokie’

Met vanjaar se Beeldende Kunste uitstalling, is leerlinge van CVO skole in Noordwes, Oos-Transvaal, Noord-Transvaal en Sentraal-streek se stukke in Garsfontein beoordeel. Orania, Dankbaar, Vryburg en Eendrag se stukke is by Orania beoordeel en uitgestal.


Elizna Joubert, graad vyf, het dié maskergesig gemaak
.

Mariska de Wet, graad tien, wys ‘n rustige natuurtoneel
.

Mariëtte Harzer, graad tien, met ‘n enkele rooi sambreel in ‘n swart-en-wit bos


Deon de Beer, graad vier, het dié vissies gemaak