In 1879 het ’n Britse sendeling
in Pretoria aangekom wat vir
Eugene Marais skoolgehou
het, kaptein van die dorp se heel
eerste rugbyspan geword het en
later Aartsdeken van die Anglikaanse
kerk was. Tog het die grootste
rede hoekom dié eerwaarde se van
wêreldwyd bekend geword het, te
doen met sy seun se liefde vir voëls.
Ons ken die naam ‘Austin Roberts’
as dié van Pretoria se bekende
voëlpark, maar min mense weet
presies hoe dit gebeur het dat
Austin, wat geen formele opleiding
gehad het nie, kurator van ’n
museum geword het en later
internasionale erkenning ontvang
het vir sy kennis van voëls.
 Bekende voëlkenner, Austin
Roberts
Foto: Wikipedia
Sendeling
Dié is ’n storie wat in die middel
1800’s in Brittanje begin. Austin se
pa, Alfred, wou van kleins af ’n sendeling
word en is daarvoor opgelei
by die St. Augustine’s Missionary
College in Canterbury Engeland.
Toe hy sy studies voltooi het, sluit
die 25 jarige Alfred in 1878 as vrywilliger
by Biskop Bousfield se
geselskap na Suid Afrika aan.
Hulle het by Durban se hawe aan
wal gegaan en van daar af het die
tog Pretoria toe vier maande geduur.
In Durban het Edda, ’n weduwee
Jacobs, by die biskop se geselskap
aangesluit. Wat alles langs die
pad gebeur het, weet ons nie. Ons
weet net dat die geselskap op 7 Januarie
1879 in Pretoria aangekom het
en dat Alfred en Edda teen die einde
van daardie jaar getroud is.
Edda het as onderwyseres by St.
Etheldreda’s, wat vandag bekend
staan as St Mary’s Diocesan School
for Girls, begin werk en Alfred is as
hoof van St. Birinus Seunskool, beskryf
as ’n klein rietdakhuisie buite
Pretoria, aangestel.
Een van Alfred se bekendste leerlinge
was die digter Eugène Marais.
Blykbaar het Eugène hier so goed
leer Engels praat dat hy later sonder
probleme na ’n Engelse skool in die
Paarl kon oorgeplaas word.
 Alfred en Edda Roberts
Foto: Rosa Swanepoel
Sport
Alfred se ambisie was om sendeling
te wees en hy is so half teen sy sin
by die skool aangestel. Hy het egter
besluit om die beste van die saak te
maak en het leerlinge aan allerhande
sportsoorte bekend gestel en
self kaptein van Pretoria se heel
eerste rugbyspan geword.
Volgens Rosa Swanepoel se Ou Pretoria
Geselsbrief het Alfred sy leerlinge
krieket, rugby en ook waterpolo
in die hondekuil by die Apiesrivier,
leer speel.
Met die beleg van Pretoria in die
Eerste Vryheidsoorlog is Alfred en sy
leerlinge saam met die res van
Pretoria se inwoners na kampe gestuur
waarvandaan hulle elke dag
skool toe geloop het. Teen daardie
tyd was die skooltjie by die St
Albans Katedraal.
Alfred word later Aartsdeken van
die kerk op Potchefstroom, waar
Edda en Alfred se drie seuns grootgeword
het. Inligting oor die derde
broer ontbreek, maar ons weet dat
Noel in 1880 in Pretoria gebore is.
Hy het later sy pa se voetspore in
die bediening gevolg en sy vrou het
ook aan dieselfde skool, St. Etheldreda’s
in Pretoria, as haar skoonma,
Edda skoolgehou.

Austin se broer, eerwaarde
Noel Roberts
Foto: St Luke?s
Familie
Austin is op 3 Januarie 1883 in Pretoria
gebore. Hy het blykbaar van
heel kleins af belanggestel in voëls
en besoeke aan sy ma se familie in
Natal se middelveld het dié liefde
aangemoedig.
Sy ma, Edda, was ’n nooi Fannin wat
in 1845 in die Kaap Kolonie gebore
is as die 12de kind van Ierse immigrante
wat in die 1840’s in Suid-
Afrika aangekom het. Sy het in 1867
met eerwaarde Eustace Wilberforce
Jacobs, ’n oud weermagkapelaan
van die Karkloof gemeente in
Howick, getrou. Hulle het na Engeland,
waar eerw Jacobs aangestel is
as Kanon van Winchester, verhuis.
Na ’n kort siekbed, sterf Kanon
Jacobs in 1871, maar Edda het tot
1874 in Engeland gebly waar sy in
South Kensington, London kuns- en
orrellesse geneem het.
Later jare het Austin bykans elke
skoolvakansie by Edda se Natalse
familie, Meredith en Mary Fannin,
gaan kuier. Vandag is dié ’n gasteplaas,
genaamd Old Kilgobbin in die
Dargle vallei, wat as ’n voëlkykerparadys
beskou word en met trots
hul verwantskap aan Austin Roberts
verkondig.

Pretoria se eerste rugbyspan
in 1879. Die latere Anglikaanse
Aartsdeken Alfred
Roberts is die kaptein en staan
derde van links in die agterste
ry. Links van hom staan Biskop
Bousfield, saam met wie
Alfred na Suid-Afrika gekom
het, se oudste seun Harry
Foto: Rosa Swanepoel se Ou Pretoria
Nuusbrief
Kundige
Toe Austin se pa, die Aartsdeken
Alfred Roberts, Potchefstroom toe
verplaas is, het Austin nog iemand
ontmoet wat ’n groot invloed op sy
lewe gehad het. Thomas Ayres was
Suid-Afrika se eerste amateur voëlkundige.
Hy is in 1828 in Brittanje
gebore en het in 1850 saam met sy
familie Suid-Afrika toe gekom. Hulle
het in Pinetown in Natal gebly waar
Thomas begin voëlspesies versamel
het wat hy Engeland toe gestuur
het. Menige van sy proefskrifte oor
dié spesies is ook daar gepubliseer.
Hy is in 1852 Australië toe om goud
te soek, maar het met leë hande
teruggekom. In 1865 het Thomas en
sy broer Jack Potchefstroom toe
getrek waar hulle gejag het en sake
gedoen het met die boere in die
omgewing. Thomas het baie legendariese
jagters op hul ekspedisies in
Afrika vergesel. Dié jagtogte was vir
hom ideale geleenthede om voëls te
versamel.
Die goudkoors het hom egter nie
gelos nie en in die vroeë 1870s het
Thomas by Lydenburg begin prospekteer,
waar hy weer onsuksesvol
was. Hy het selfs in ’n stadium ’n
bierbrouery begin. Dié moes egter
toemaak toe die wette verander het
en dit onwettig geword het om bier
sonder lisensie op ’n kommersiële
basis te brou.
 Die vrylating van die eerste
voël by die Austin Roberts
Voëlpark
Ark
Terug in Potch het hy begin voëls,
insekte, skoenlappers en motte versamel.
Ten minste 60 van dié spesies
wat hy rondom Potch versamel
het, is vandag baie raar. Thomas se
huis in Potch is die Ark genoem
omdat dit ’n lang, platdak huis
propvol diere en voëls was.
Dié Ark was vir Austin ’n toevlugsoord
waar hy vir ure sit en luister
het na stories oor die avontuurtogte
wat Thomas onderneem
het om voëls
en diere te versamel.
Dit het Austin gemotiveer om eendag
as hy groot is dieselfde te doen.
So het dit gebeur dat Austin sy voet
in die deur gekry het by die Transvaalse
Museum in Pretoria. Hulle
het hom vir jare lank vir monsters
betaal sonder dat hy ’n vaste pos
daar gehad het.
 So het die uitsig in 1956 vanaf die voëlpark
in Groenkloof se rigting gelyk
Na ’n ongewoon suksesvolle versameltog
in 1908 na Portugees Oos-Afrika het die museum Austin blykbaar
begin ernstig opneem. Austin
het homself geleer en het geen
amptelike kwalifikasies gehad nie.
Tog stel die Transvaalse Museum
hom in September 1910 as kurator
vir voëls en soogdiere aan, ’n posisie
wat hy behou het tot die dag van sy
dood in 1948.
Om navorsing te vergemaklik het hy
’n versameling van ongeveer 30 000
voëls en 12 000 soogdiere vir die
museum daargestel. Die Austin
Roberts Voëlsaal is na hom vernoem
en die tussenvloer in die saal bevat
’n uitstalling van 870 voëls wat
numeries gerangskik is volgens
Austin se boek ‘Birds of South
Africa’.
 Die Transvaalse Museum
Foto: Wikipedia
Boek
Dié boek wat in 1940 gepubliseer is,
het gou die standaard verwysingsboek
vir voëlkykers geword. Vyf herdrukke
is gepubliseer, en in 1998 is
werk aan die sewende uitgawe van
die boek aangepak toe die Percy
FitzPatrick Instituut deur die John
Voelcker Voëlboekstigting genader
is om die boek oor te skryf. Die
redakteurs van die nuwe ‘Roberts’ is
Phil Hockey, Richard Dean, Peter
Ryan en Sharon Maree.
Austin het 46 versamelingsekspedisies
in Afrika onderneem en het
117 proefskrifte oor voëls en soogdiere
gepubliseer. Hy het gedien as
stigter, president, sekretaris en
mede-redakteur van die Suid-Afrikaanse
Voëlkundige Vereniging. Hy
is in 1920 as genoot van die Amerikaanse
Voëlkundige Unie verkies, en
in 1930 as erelid van die Britse Voëlkundige
Unie.
Dié eens self-opgeleide seun het in
1935 ’n eredoktorsgraad van die
Universiteit van Pretoria ontvang.
Hy het die senior Kaptein Scott
Gedenkmedalje van die Biologiese
Vereniging in 1938 ontvang en het
’n medalje en subsidie van die
Suid-Afrikaanse Vereniging vir die
Bevordering van Wetenskap in 1940
ontvang.
Austin is op 5 Mei 1948 in ’n motorongeluk
naby Lusikisiki in Transkei
oorlede. Voor sy dood het hy die
manuskrip vir ‘The mammals of
South Africa’ klaargemaak. Dit is ná
sy dood in 1951 gepubliseer.
 Die 11,8 ha grootte Austin
Roberts Voëlpark met sy
opening op 27 Oktober 1956
Voëlpark
Op 27 Oktober 1956 is die Austin
Roberts Voëlpark in Nieu Muckleneuk
amptelik deur WJ Seymore,
toe die burgemeester van Pretoria,
geopen. Die opening van die 11,8 ha
reservaat was die gevolg van ’n
groeppoging deur H Bruins-Lich, toe
die stadsraad se direkteur van
parke, Dr Gertrude Theiler, dogter
van Onderstepoort se stigter, Dr
LEW Codd, vorige direkteur van die
Nasionale Botaniese Tuine, en K
Hyslop, die eerste voorsitter van die
Pretoriase Voëlklub.
Die Austin Roberts Voëlpark is in
Junie 1970 eers omhein en is op
26 Februarie 1985 amptelik as ’n
natuurreservaat geproklameer. Die
reservaat is in die Walkerspruit Oop
Ruimte Sisteem geleë. Twee strome,
die Walker en Argo, voer water
in die vleiland wat bestaan uit nege
klein seisoenale dammetjies wat ’n
verskeidenheid watervoëls lok.
 Die park is amptelik deur WJ
Seymore, burgemeester van
Pretoria, geopen. Dit was die
gevolg van ?n groeppoging
deur H Bruins-Lich, Dr
Gertrude Theiler, Dr LEW
Codd en K Hyslop
|