Hou op rommel stort Print
News - Briewe
Wednesday, 24 October 2012 07:16
Untitled Document

Anoniem van Bashewa skryf:
Die onwettige storting van huishoudelike afval, bou-rommel, ens. op grond skuins oorkant Grootfontein se ingang is besig om kommerwekkende afmetings te neem.

Aanvanklik het dit na die opvul van 'n ongelykheid gelyk, maar deesdae word enige iets daar gestort.
Is dit wettig? Hoe beïnvloed dit ons ekologie? Is ons grondwater besig om stadig maar seker besoedel te word?

Nege-en-negentig persent van die mense in ons area maak gebruik van boorgatwater. Hoe lank is ons water nog veilig vir menslike gebruik?