Mense gee nog om Print
News - Briewe
Tuesday, 29 July 2014 08:52
Untitled Document

Trudie Dique van Tierpoort Hardware skryf:
Ek is Trudie Dique, oorlede Jan Dique se vrou. Graag wil ek regtig uit die diepte van my hart en siel God bedank vir die voorreg om so geseënd en versorg te word deur die engele van ‘n magdom mense wat hulle harte, liefde en beursies op my neer laat reën het.

Dankie vir Die Bronberger vir die berig oor my oorlede man.


Trudie en Jan Dique

Graag bedank ek ook die volgende mense vir hulle geldelike hulp om my las ligter te maak: Die Tierpoort-, Bashewa- en Grootfontein/Rietvleiview-gemeenskap; Tierpoort Omgeegroep en roepradio se Linda Meintjes; Marietjie en Deon Ahlers en personeel; Nkwe se mense en personeel; Shokran se Charmaine en personeel; Bakkieland se Joanne en Tom Weichelt; Tierpoort Garage se nuwe bestuur – Barry Joubert, Willie van Rooyen en Gerrit van Zyl; Hantie Nelson; Barbara Corrine Bennet; Ansonette Ebersohn van Mayford/Effekto; Faan van Astix Engineering; en Laerskool Witpoort.

Ek bedank ook vir Christiaan Ras en Peter Engelbrecht vir julle liefde, omgee en my daaglikse vervoer van my huis na werk, kerk, ens.

As ek per abuis iemand se naam uitgelaat het, vra ek om verskoning. Nogmaals baie dankie en opregte liefde en seën.