Teleurstelling Print
News - Briewe
Monday, 25 March 2019 05:06
Untitled Document

‘Aap se kind’ skryf:
Graag wil ek vertel wat my ondervinding was met ‘n persoon wat werk vir my kom doen het nadat ek gereageer het op sy advertensie in Die Bronberger.

Hierdie is maar net om te sê dat ’n mens bedag moet wees op adverteerders wie se ambag nie werklik is waarvoor hy homself voorgee om te wees nie. Dit het my ’n dure les geleer en in die vervolg sal ek goeie inligting vooraf oor die instansie (persoon) en sy werksaamhede inwin voordat ek ’n kontrak met so iemand aangaan.

Die spreekwoord wat sê, “Skoenmaker hou jou by jou lees” is hier van toepassing. Daar is baie jakkalse of kansvatters en ongelukkig vertrou ek mense te maklik. Maar die lewe is mos ons leerskool, net baie duur. Doen maar jou huiswerk deeglik voor jy iemand aanstel.

Baie dankie dat jy ons laat weet het. Die saak is aangespreek en dié adverteerder se advertensie word nie hernu nie. – Red