Groot en goeie diens Print
News - Briewe
Tuesday, 23 July 2019 09:03
Untitled Document

Betsie Steyn van Kleinfontein skryf:
Nou wil ek darem regtig – uit my hart uit – sê dat julle 200ste uitgawe een van die mooiste uitgawes is wat ek nog gesien het. En dis nou rêrig nie oor my storie nie, maar oor al die ander goed daarin.

Dis so mooi, al die stories en foto’s – dit het ‘n lewendige voorkoms, kleurryk ook. Kyk, ek lees julle tydskrif dwarsdeur (tot die advertensies ook!), maar hierdie een is vir my uitstaande. Dit staan sommer so uit! Pragtig!

Sterkte met al julle groot werk. Ek hoop ander mense en instansies sien dié brief en weet julle lewer ‘n groot en goeie diens.