Slap gelag Print
News - Briewe
Tuesday, 23 July 2019 11:06
Untitled Document

Estelle Pretorius van Rayton skryf:
Dagsê Bronnies. Net nog ’n blykie van opregte waardering vir ons gratis en inspirerende tydskrif.

Ons kinders het Saterdag saam met hulle “Ou Dad” kom deurbring vir Vadersdag en sommer met “Moeksie” ook vir Moedersdag – twee vlieë met een klap, want Sondag is kerk en hulle bly ver.

So raak ons om die tafel aan die gesels oor Moeks se bitsige reaksie oor Afrikaans in die Mei-uitgawe, maar ek moes eers verduidelik oor die spreekwoordelike dooie broertjie. Baie van vandag se kinders ken mos nie die goed nie en dit was omtrent skreeusnaaks! Asook “die vermanende doring onder die tong”.

Hulle het hulle omtrent slap gelag vir Buks Barnard se versoek vir Russiese artikels – baie redelike versoek onder omstandighede, sou die oumense sê, Buks.

Lang storie kort: Die kinders het dit so geniet dat hulle een van my tydskrifte afgerokkel het vir kontakbesonderhede (maar ek dink hulle wou dit eintlik gaan lees). Hulle soek ’n verspreidingspunt naby hulle in Pierre van Ryneveld.