Veer in die hoed Print
News - Briewe
Tuesday, 23 July 2019 09:08
Untitled Document

Nellie Roos van Grootfontein skryf:
Hiermee my persoonlike dank aan u vir ‘n kommentaar oor ‘Afrikaans en Engels’ in Die Bronberger van April 2019.

Dit was ‘n riem onder die hart om ‘n antwoord daarop te lees: “Geen aanstoot gegee!” “Geen beskuldigings!” “Geen gevoel van aanval!” Net die mooi, goed en respekvol verduidelik, en ons Afrikaanse taal so uit die hart uit verdedig.

Nog ‘n veer in u hoed aan u, beginselvaste man uit een stuk. Baie dankie.

Ek sluit af met ‘n groot dankie aan die adverteerders. Sonder julle bydrae kan ons dalk môre sonder ‘n Bronnie wees.