Vrot eier Print
News - Briewe
Tuesday, 10 December 2019 07:32
Untitled Document

Louisa Marè Pretorius van Pretoria skryf:
Ons ry vroeër vanaand op die N4 Pretoria se kant toe vanaf Mooiplaas en daar verby Cowhouse se omgewing tref die vrot eierreuk jou neus, en wonder ’n mens weereens wat die reuk sou afgee.

So dink ek aan ’n paar naweke terug toe my kleinseun saam met ons in die kar was en die reuk ook in die lug gehang het. Dis toe wat ek sê dat dit soos vrot eiers ruik en oupa daarop antwoord dat dit moontlik as gevolg van die beeskrale kan wees en my kleinseun vir sy oupa vra: “Oupa, die beeste lê seker nie vrot eiers nie.”

Nodeloos om te sê dat ons lekker kon lag maar ons moes hom gou reghelp dat beeste nie eiers lê nie.