Honde word vergiftig Print
News - Briewe
Thursday, 21 January 2010 10:36
Untitled Document

Dankbaar van Cullinan skryf:
Die gemeenskap van Cullinan bedank Cullinan Diamond Alarms Sekuriteitsmaatskappy vir hul hulp en bystand met die tragiese vergiftiging van ses honde by ses verskillende wonings in die nuwe dorp, Cullinan.

Die voorvalle het op 23 Desember verlede jaar en 7 Januarie vanjaar plaasgevind.

Ons wil net sê dat dié maatskappy altyd vinnig op ’n noodoproep reageer en selfs inwoners wat nie by hulle geregistreer is nie, van diens is.