Boschkop se antwoord Print
News - Briewe
Friday, 26 March 2010 16:33
Untitled Document

Insp Stolz van SAPD Boschkop antwoord Edith du Toit:
Ons het kennis geneem van mev du Toit se klagte en beskou dit in ’n ernstige lig. Dit is hoogs onwaarskynlik dat enige lid van die publiek summier weggewys sal word, sonder enige rede.

Sou dit die geval wees, moet Insp Marinda Stolz onverwyld gekontak word. Die volgende inligting moet verstrek word: dag, datum, tyd ongeveer en die naam van die lid - elke lid dra ’n naamplaatjie. Ons gee die versekering dat daar teen sodanige lede opgetree sal word. Mev du Toit verskaf egter geen verdere inligting ten opsigte van die voorvalle nie.

Mev Du Toit weerspreek haarself ook telkens in die sin dat sy nie diens kry te SAPD Boschkop nie. Sy noem dat daar by twee gevalle opgetree is, nadat sy die SAPD gekontak het met inligting. Dit wil eerder voorkom asof, sou die uitslag van ’n ondersoek mev Du Toit nie geval nie, sy die SAPD aanval en as onbevoeg beskou, soos in die geval waar daar nie enige drank op die perseel te plot 231 gevind is nie.

Dit is uiters moeilik om op te tree slegs op grond van vermoedens, sonder noukeurige besonderhede, soos voertuigfabrikaat, kleur en veral registrasienommer van ’n voertuig. In die gevalle waarna mev du Toit verwys is daar slegs ’n ooreenkoms in die kleur en fabrikaat van die voertuig. Mev du Toit mag Kaptein Maluleke (Hoof: MOD) kontak met haar vermoedens.

Sou die regmatige eienaar van ’n perseel nie ’n klagte indien van onwettige elektriese aansluitings nie, val dit buite die jurisdiksie van die SAPD. So ook as die eienaar van ’n perseel nie ’n klagte indien van betreding teen bepaalde partye nie, kan daar nie opgetree word nie.

Om die rede kan daar nie sonder meer gepraat word van “plakkers” nie. Sou die sogenaamde plakkers vir ’n geruime tyd woonagtig wees op ’n perseel kan die SAPD slegs optree, indien daar ’n uitsettingsbevel bestaan, verkry by die Hooggeregshof, deur die eienaar van ’n bepaalde perseel.

Lede is by geleenthede nie aan diens nie en die publiek word eerder versoek om SAPD Boschkop te kontak te 082-557-6996 of 012-802-1084. Klagtes teen die SAPD kan verwys word na Insp Stolz met telefoonnommer 082-882-1110 of e-pos This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

Brief verkort.-Red