Kan jy dalk help? Print
News - Briewe
Thursday, 24 June 2010 18:10
Untitled Document

Elizabeth Marais skryf via ons webtuiste:
Ek laat julle graag weet van ’n huis in Waterkloofrif vir gelowige maar verwaarloosde vroue. Dit is te danke aan die inspirering van ’n spesifieke vrou wat reeds opheffing van “mense in ’n put” doen. Dalk werk die vrou, Lynette Steen en haar medewerker, reeds in areas in julle gebied. Hulle werk by verskeie karavaanparke en plakkersgebiede onder alle rasse.

Die projek het ’n sterk geestelike impak. Spesifieke dele van die huis se tuin sal verskeie funksies verrig: dooie deel met ’n vuurmaakplek (ou lewe) teenoor die Tuin van Eden - vrugbare deel waar daar ’n kruie-, roos-, bessie- en groentetuin gevestig gaan word.

Die vroue gaan ’n intensiewe tyd van slegs ses weke daar woon waar hulle baie positiewe insette gaan ervaar. Kreatiewe terapieklasse in kuns, musiek, naaldwerk en kookklasse gaan aangebied word. Vanuit ’n rondawel aangrensend aan ’n grasafdak en swembad sal aromaterapie-sessies gedoen word.

Die huis is besig om volgens die vereistes gerestoureer te word. Ek vermoed dat daar spesifieke benodigdhede uit die hoewegemeenskap vervul sal kan word, soos mis vir die bemesting van die tuin.

Kontak my as jy tweedehandse goed wil skenk. Stuur ’n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . of bel vir Lynette Steen by 082-930-6993.

Brief verkort.-Red