Die berg behoort aan ons, sê inwoners Print
News - Aktueel
Monday, 28 February 2011 07:47
Untitled Document

’n Groot Bronberg ‘berg blitz’ is op Saterdag 19 Februarie deur inwoners van die omgewing gehou. Met die vee-operasie wou Bronbergers dit vir boewe duidelik maak dat die berg aan die inwoners behoort en nie aan die boewe nie. Die doel was om ontsnaproetes wat deur inbrekers en diewe gebruik word te identifiseer. Die snuffelaars is in vier groepe ingedeel en het grootliks uit lede van Conserv bestaan.


Die kruin van die Bronberg waar met die snuffeltog begin is

Deelnemers is vanaf die nuwe teetuin in Achillesweg met bakkies tot bo op die berg gevat. Die snuffeltog het vanaf 6 vm tot 9 vm geduur. Ná die operasie het die dapper bergstappers saam gekuier en verversings geniet. Teen druktyd van Die Bronberger was dit nog nie bekend hoe suksesvol die soektog was nie.

Die feit dat misdaad in die gebied oor die afgelope jaar aansienlik afgeneem het, word grootliks toegeskryf aan die bedrywighede van Conserv en ander inwoners-organisasie.