Twee verskillende busbestuurders draai só om Print
News - Aktueel
Thursday, 21 April 2011 17:43
Untitled Document

’n Motoris wat twee keer in die verkeer agter Lynnwoodweg-verlenging se omdraai-bus gesit het, sê dat dit nie dieselfde busbestuurder is wat die koppelbus daar laat vassit het nie.

.
Dié foto's is met die eerste omdraai probeerslag geneem op 3 Maart

In Die Bronberger se Maart-uitgawe het ons berig dat ’n hardkoppige busbestuurder twee keer probeer het om sy lang voertuig op dieselfde plek in Lynnwoodweg-verlenging, Zwavelpoort om te draai en twee keer vasgesit het.

Die gevolg was dat die verkeer elke keer erg ontwrig is. Beatrix van der Berg het laat weet dat die insidente wel ’n week uitmekaar gebeur het, maar dat dit twee verskillende busbestuurders was.

.
Die tweede omdraaislag met ’n ander busbestuurder op 10 Maart
Foto's: Beatrix van der Berg

Die vorige bestuurder het blykbaar vir die nuwe een gesê dat dit veilig is om daar om te draai.

Volgens Beatrix was die eerste bestuurder baie meer arrogant en ongeskik, waar die tweede een baie vriendelik en jammer was oor wat hy gedoen het.