AfriForum stig Rayton-Cullinan tak Print
News - Aktueel
Friday, 24 June 2011 14:43
Untitled Document

AfriForum het onlangs ’n nuwe tak vir die Rayton-Cullinan-omgewing gestig.

Dié tak het tot stand gekom om inwoners te help om toenemende kommer oor mynaktiwiteite in die omgewing en frustrasies met swak munisipale dienslewering aan te spreek. Die doel is om te verseker dat Rayton en Cullinan se belange nie in die groter Tshwane Metro agterwee gelaat word nie.

Volgens Cornelius Jansen van Rensburg, AfriForum se hoof van gemeenskapsake, fokus AfriForum se gemeenskapsplan daarop om lede by te staan met sake wat oor veiligheid, dienslewering en omgewingsake handel.

Dawie Badenhorst is die voorsitter van die Rayton-Cullinan-tak wat met 15 stigterslede tot stand gekom het. Skakel hom by 072-236-0336. Kontak Cornelius Jansen van Rensburg by 072-190-3866 of e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .


Cornelius Jansen van Rensburg

Dawie Badenhorst