Moordenaars kry lewenslank Print
News - Aktueel
Monday, 29 April 2013 14:39
Untitled Document

Dirk Human se vier moordenaars is op 17 April elk tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir moord en tot 20 jaar vir roof met verswarende omstandighede.

Dirk is op 28 April 2010 op sy Mooiplaats-plot, 200 m vanaf die Boschkopse polisiestasie, wreed vermoor.


Dirk Human

Die vier mans, Jimmy Mareme Mosehle (29), Ramaile Derrick Tsebesebe (36), Kagiso Kgomonale Moukangwe (26) en Collen Mosehla (26), was lede van ’n groep van ses. Die polisie soek nog na die ander twee.

‘n Selfoon het destyds na ‘n groot deurbraak in Dirk se moordondersoek gelei. Dirk se Colt-bakkie is ’n paar uur ná sy moord in Mamelodi gekry. Sy tuinwerker het sy selfoon in die bakkie vergeet en die gebruik van dié foon het die polisie na ’n vrou van Mamelodi gelei.


Yolanda Human by die hof
Foto: Beeld

Sy het gesê dat sy die selfoon by haar vriend gekry het. Hy is by sy werk by ’n motorwasplek in Pretoria vasgetrek en het gesê dat hy R150 betaal is om deel van die moord en rooftog te wees.