Bronbergse ontbloter na twee jaar vasgetrek Print
News - Aktueel
Wednesday, 24 February 2010 08:24
Untitled Document

’n Ontbloter wat Bronbergse vrouemotoriste al twee jaar lank teister, is op 28 Januarie vasgetrek. Hy is in ’n bos langs Lynnwoodweg- verlenging in Zwavelpoort gevind.

Dié 51-jarige konstruksiewerker van Mayville ontbloot hom glo al twee jaar lank langs Lynnwoodweg. Sy gewoonte was om in die pad te spring elke keer as hy ’n vrouemotoris sien aankom, sy gulp oop te maak en sy geslagsdeel aan die vroue te wys.

Die ontbloter is aangekeer nadat ’n groepie Bronbergse vroue besluit het dat hulle net mooi genoeg van die ontblotery gehad het. Hulle het met mekaar kontak gemaak op die gemeenskapsveiligheid burgerbandradio en die Boschkopse Polisie ingeroep.

Met die gemeenskap se hulp, het die polisie die ontbloter vasgetrek. Insp Francois Nolte en sers Francois Fourie, ’n reservis, het die man op aanklag van openbare onsedelikheid in hegtenis geneem.