Teerfabriek in Donkerhoek sal gesondheid bedreig Print
News - Aktueel
Wednesday, 24 February 2010 08:46
Untitled Document

’n Beplande nuwe teervervaardigingsaanleg kan almal wat in die vallei tussen die Magalies- en Bronberg woon, se gesondheid in gevaar stel.

Die Donkerhoek teeraanleg word beplan op ’n eiendom aangrensend aan Donkerhoek steengroef op gedeelte 87 (’n gedeelte van gedeelte 34) van die plaas Donkerhoek 365. Dié terrein lê hoog teen die helling van die Magaliesberg wat beteken dat die rook en ander besoedelende stowwe nie net die Donkerhoek en Pienaarspoort omgewing sal besoedel nie, maar ook die Rietfonteinplase agter die berg en die hele vallei tussen die Magalies- en Bronberg, veral die naby geleë Mooiplaats, Rhenosterfontein, Boschkop en Kleinfontein.


Voorgestelde terrein vir die teervervaardigingsaanleg

Dit is bekend dat teervervaardiging ’n negatiewe effek op die omgewing het. Dit kan die lug, grond en waterbronne vir tot 45 jaar lank vergiftig met hoë vlakke van bensien, asbes, lood, kadmium, waterstofsulfied en verskeie ander chemiese middels wat kankerrisiko verhoog. Wêreldwye studies toon dat mense wat binne tien kilometer van so ’n aanleg woon of werk, ’n groter risiko het om long-, pankreas- en bloedkanker te kry. Dit kan ook probleme veroorsaak met hartsiektes, beroerte, asma, diabetes en skildklierprobleme.

’n Tipiese rookwolk hang oor ’n teervervaardigingsaanleg en dit wat as ’n “sieklike stank” beskryf word, dring nabygeleë geboue binne. Donkerhoek se teervervaardigingsaanleg beplan om teer op groot skaal produseer vir Gauteng se hoofpadprojekte.


Só lyk ?n rookwolk by ?n teervervaardigingsaanleg

Die afsnydatum om as belanghebbende en geaffekteerde partye in die openbare deelnameproses rondom die teervervaardigingsaanleg te registreer is 5 Maart. Die konsultant wat aangestel is om dié projek te hanteer is Cave Klapwijk en Vennote. Om te registreer, kontak Nadine Smith by tel: 012-362-4684, faks: 012-362-0394, e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of Posbus 11651, Hatfield, 0026