Sondebelasting Print
News - Rubrieke
Monday, 25 March 2019 05:28
Untitled Document

Lianie O’Neill is ‘n rekenmeester van Dante Deo Rekenmeesters in Rayton


Lianie O’Neill

Iemand moet altyd aan die kortste end trek. As jy ‘n drankie of ‘n dampie geniet – dan is dit jy!

Aksynsbelasting op alkoholiese drankies en tabakprodukte sal met tussen 7.4 en 9% verhoog soos volg: Moutbier, appelbier en alkoholiese vrugte drankies – R0,12 per 340 ml; sterk drank – R4,54 per 750 ml; en sigarette – R1,14 per pakkie van 20.

Met die streng wetgewing wat rook in openbare plekke verbied, het baie mense begin “vape”. Daar is gerugte in omloop dat daar in die toekoms hierop ook belasting gehef sal word.

Brandstofheffings: Hier is besluit dat die algemene brandstofheffing met 15 sent per liter gaan verhoog en die padongelukkefondsheffing met vyf sent. Dit beteken dat die algemene brandstofheffing per liter petrol na R3,52 verhoog en diesel na R3,37 per liter. Die padongelukkefondsheffing verhoog na R1,98 per liter vir petrol en diesel. Dié toenames sal op
3 April in werking tree.

Hoe beïnvloed die nuwe koerse die individu? Geen verandering is aan die belastingkoerse aangebring nie.

Die enigste verandering is dat die kortingsbedrae verhoog is soos volg: Primêre korting – R153,00; sekondêre korting – R81,00; en tersiêre korting – R27,00.

As ek hierdie so beskou lyk dit asof die beste besparing sal wees om fiets werk toe te trap en die drankie en dampie vaarwel toe te roep.