Het ook VVV?s gesien Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 23 August 2011 14:37
Untitled Document

Dr JF Jacobs skryf:
Na aanleiding van die berig in Die Bronberger (Julie 2011) oor die VVV’s, wil ek net noem dat ons soortgelyke ligte gesien het oor Jacobsbaai aan die Weskus en wel een aand so teen nege-uur, ‘n dag of twee voor Kersfees 2009.
Vier sodanige ligte het die een na die ander in ‘n duidelike baan vanuit die weste na die ooste beweeg. Die kleur was oranjegeel en daar was geen flikkering nie, geen geluid nie en dit het te vinnig vir ‘n vliegtuig beweeg.

Ons was verstom en ander gaste by dieselfde gastehuis waarvan die een ‘n vlieënier was, het dit ook gesien, maar hy kon nie verduidelik wat dit was nie. Ons het die groot satellietstasie in Sutherland gebel, maar aangesien dit oor die Kerstyd was, het niemand teruggebel nie.

Ons het aanvaar dat dit met die Lugmag by Langebaan te doen het en het nie verder navraag gedoen nie, totdat my dogter en ‘n vriend weer verlede jaar, 2010, oor die Bronberg-area sodanige ligte gesien het. Die vriend is ‘n ingenieur, maar hy kon dit ook nie verklaar nie.

Ons neem aan dat daar ‘n logiese verklaring is, maar sou graag wou weet wat dit is as julle vordering hieroor maak.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger