Besoedelaar wyk uit Bashewa Print E-mail
News - Briewe
Monday, 17 October 2011 09:40
Untitled Document

Omgewingsbewus van Bashewa skryf:
Een van die beste dae in Bashewa was toe ons op 30 September vir CBI Engineering sien vertrek het uit ons omgewing wat hulle so besoedel het met polistireen en die brand daarvan in die middernagtelike ure, asook hulle gedurige geraas.

Dankie aan almal wat die petisies geteken het en aan die regspan wat die saak hof toe geneem het en die belangrikste, aan die buurman wat hierdie saak gedryf het. Dit is goed om te weet dat daar nog so baie mense is wat passievol is oor die bewaring van die Bronberg-gebied as ‘n skoon landelike gebied.

Hierdie mense wat ‘n bewaringsgebied binnekom en besoedel met hulle industrie onder die dekmantel van werkskepping is net sulke kriminele as die renosterstroper wat ‘n renoster stroop vir ‘n horing.

Wees gewaarsku! Ons hou julle dop. Hierdie onwettige praktyke sal nie geduld word deur ons inwoners wat dekades hier woon en duisende rande aan ons eiendomme bestee nie.

Die plaaslike pad sal ook nou beter hou, want die swaar trokverkeer is nie meer daar nie.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger