Mag hulle vuilgoed verbrand? Print E-mail
News - Briewe
Thursday, 17 November 2011 07:30
Untitled Document

AL van Niekerk van Zwavelpoort skryf:
Ek wil graag weet wat die reëls is oor die brand van jou tuinafval op jou plot hier in Zwavelpoort, net oos van die Zwavelpoort teerpad. Mag jy dit doen?

Die ryskool hier om die draai van ons brand ten minste een maal ‘n week hulle afval. Wat dit nog erger maak is dat dit ook plastiese en ander gemors insluit, soos duidelik op die foto gesien kan word. 
Ek sien gereeld van my ander bure wat ook afval brand.

Raadslid André van der Walt het laat weet dat die Tshwane Metroraad die konsep Lugkwaliteit Stadsverordening twee maande gelede goedgekeur het. Sodra dit deurgevoer word, gaan dit onwettig wees om vullis, en veral huishoudelike vullis, te verbrand al woon jy op ‘n plot. Daar is private vullisverwyderaars in die Bronberg-gebied wat ‘n puik diens lewer teen minimale tariewe.-Red

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger