Dankie vir die Bronnie se adverteerders Print E-mail
News - Briewe
Thursday, 17 November 2011 07:31
Untitled Document

Freda Scott van Bee Tree Farm buite Cullinan skryf:
Goeie diens verdien ’n groot kompliment. Donderdag-namiddag was daar ’n elektriese storm in De Tweedespruit, en Sondag kom ek agter die opgaardam van 60 000 liter is feitlik leeg.

Ek skakel die boorgatpomp na ‘manual’ en niks gebeur nie. Alles werk outomaties en ek kom nie vroeër agter die boorgatpomp gaan nie aan nie. Ek spoor die probleem op; die weerlig het die kragboksie / pompskakelaar raakgeslaan.

Nou hoe . . . nou? My kweekhuise moet water kry. Dit is 38 grade. Kry Die Bronberger! Gelukkig! Hoogland Elektries, Ben Moolman. Ek skakel hom en gedorie, die gawe man is beskikbaar.

Ek stuur MMS foto’s van die skade en Ben daag op om die probleem te herstel. Ongelukkig kon alle die skade nie dadelik herstel word nie, maar Maandagoggend 8 vm is Ben by die handelaars vir ‘n nuwe skakelaar en Maandagoggend werk die boorgatpomp skakelaar weer, en die dam word weer vol getap.

Die ‘booster’ pomp van die ‘boma’ area het ook skade en Dinsdag vervang Microzone 71cc die ‘booster’ pomp van die ander boorgat.

Dankie vir Die Bronberger se adverteerders.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger