Hulle het my seun gered Print E-mail
News - Briewe
Wednesday, 14 December 2011 07:58
Untitled Document

Bert Swart van Mowgli in Rietfontein skryf:
Elke mens bevind homself een of ander tyd in die knyp. My seun Anthony maak gebruik van die stilte op die hoewe om te studeer en stap dan rond om sy werk te memoriseer.

Met so ’n staptog het hy gestruikel en sy kop gestamp en rug beseer. Verlate kon hy niemand bekend met sy selfoon bereik nie en in nood het hy toe vir Bassek gebel.

Reaksie-offisier George Boucher se vinnige optrede was uitstekend. Sy opleiding was deurslaggewend in sy optrede. Hy het spoedig alle reëlings vir die ambulans getref.


Die Netcare 911 helikopter

Anthony is later per helikopter na die Pretoria Oos Hospitaal afgevoer met die prognose van ’n rugbesering.

’n Groen rookgranaat word militêr gebruik om ’n beveiligde area aan te dui of om hulp te vra. Buiten die beskermde hand van die Here was sy “groen rookgranaat” die vinnige knap optrede van Bassek en Netcare 911. Baie dankie, Bassek en Netcare 911.

Die “bottom line” is dat mense wat op plotte woon dienste soos die van Bassek moet bekom vir daardie dag wat ’n mens ’n groen rookgranaat nodig het

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger