Almal soek na vreugde Print E-mail
News - Briewe
Wednesday, 14 December 2011 08:00
Untitled Document

Pastore Johan Nel, Ceina Joubert, Mark Barker en dr Gert Venter van Cullinan skryf:
Die leraarspare en gemeentes van die Volle Evangelie Kerk wil hiermee die lesers van Die Bronberger ‘n vreugdevolle Jesusfees toebid.

Dit is die tyd waarin almal na vreugde soek. Niemand sal vreugde doelbewus vermy nie. As vreugde deur ondervindinge aan ons geskenk word moet ons dit met beide hande aangryp en met opregte dankbaarheid aanvaar, want dan sal dit baie kosbaar wees in die toekoms.

Die jaar 2011 met al sy ondervindings is stadig besig om ons te groet. Hoe vreugdevol of hartseer ons ondervindinge was, dit stel ons in staat om 2012 in te gaan, toegerus met meer ondervinding en daardeur kan ons bruikbare instrumente in God se hand wees.

Mag hierdie feestyd vir u groot vreugde en geluk bring en mag u altyd onthou dat dit wat ons ontvang van God altyd ‘n bonus is en dat ons dankbaar sal wees vir elke goeie gif.

Genade, barmhartigheid, vrede en liefde word vermenigvuldig in u lewe, ook in 2012.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger