Print E-mail
News - Briewe
Sunday, 25 August 2013 18:43
Untitled Document

Jonathan Bezuidenhoudt skryf:
Ek het my dogter se motorfiets, ‘n 250cc No Limit, na ’n Maartin in Zwavelpoort vir herstelwerk geneem. Die motorfiets was in ’n perfekte toestand gewees. Al wat foutief was, was dat hy gesukkel het om in eerste rat te gaan.


Die motorfiets voor hy vir herstelwerk ingestuur is

Ek het laas jaar November die motorfiets vir Maartin gevat. Ek het die motorfiets einde Julie gaan haal na ’n lang ruk wat ek niks van Maartin gehoor het nie. My dogter Bianca het in trane uit gebars toe sy die motorfiets se toestand sien wat haglik was. Sy het haar hart uitgehuil en aan Maartin gesê: “Hoe kon jy dit aan my doen? My fiets het niks makeer toe ek hom hier aangebring het nie!”

Hy het nie woorde gehad nie.

Ek deel die storie met mede Bronbergers. Wees asseblief versigtig wie aan jou goed werk.


So het die motorfiets na die tyd gelyk

Die Bronberger het vir Maartin gebel om sy kant van die saak te hoor. Hy kon nie mooi verstaan wie ons is nie, maar het bevestig dat die motorfietsstorie vir hom bekend klink. Hy het gesê dat hy nie die motorfiets by hom gehou het nie, omdat daar nie vir die werk betaal is nie.-Red

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger