Stroping van geboue Print E-mail
News - Briewe
Sunday, 25 August 2013 18:43
Untitled Document

Ben van Mooikloof skryf:
Ek skryf na aanleiding van u artikel in Die Bronberger oor diewe wat die mynbestuurhuis te Cullinan verwoes het. Dit wil voorkom asof dit begin om ‘n algemene praktyk te word in ons midde.

Ek ry gereeld verby die afdraai na Hedera Kwekery in Bashewa en het opgemerk dat die hoewe op die hoek wat aan Garstfonteinweg-verlenging grens totaal gestroop is.

Diewe het die hele huis steen vir steen weggedra en dit lyk my nou verdwyn die beton mure ook stuk-stuk. Daar word vertel dat ‘n man met ‘n grys bakkie vragte stene daar verwyder het.

Wonder maar net of die stomme eienaar daarvan weet. Ver van jou goed, na aan jou skade.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger