Vragmotors vernietig Brandbach-pad Print E-mail
News - Briewe
Sunday, 25 August 2013 18:44
Untitled Document

Elsabe Groenewald van Brandbach skryf:
Is daar dalk iemand wat kan help om druk op die regte mense te sit wat die Brandbach-grondpad gebruik? Reeds vanaf 4 uur die oggend is groot vragmotors besig om sand weg te ry van verskeie plase en die pad bestaan nou basies net uit klip. Dit is maande gelede laas geskraap en die voertuie hou net nie meer op die pad nie. Dalk kan die groot vragmotors belasting betaal of die pad teer, want die situasie is nou ondraaglik.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger