Aanneem-hond gesoek Print E-mail
News - Briewe
Monday, 23 September 2013 22:55
Untitled Document

Fred en Miems Nelson van Olympus skryf:
Ons is ‘n afgetrede sendelingspaar wat op ‘n kleinhoewe in Olympus woon. Vir die afgelope tien jaar het ons die beskerming van twee uiters bekwame waghonde gehad, ‘n staffie-reun en ‘n kelpiewyfie.

Helaas, die rumatiek in sy agterlyf het vir Jock ingehaal en ons moes hom “aanstuur” want hy kon nie meer loop nie. Nou het die kelpie, byna 14 jaar oud, ook moed opgegee, want sy is al half doof, met katarakte en min tande en soek haar morsdood na Jock.

Ons voel ook baie onveilig op die groot erf en soek dringend na ‘n hond vir aanneming. As ons sou kon kies, sal dit wees: ‘n boerboel, ‘n ‘bull mastive’, ‘n Rhodesiese rifrug, ‘n ‘retriever, Rottweiler of weer ‘n staffie – ouer as een jaar en jonger as vyf.

Is daar dalk iemand wat ons wil help hiermee?

Kontak ons by 012-991-3383, 082-574-5346 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger