Bedank gemeenskap Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 22 October 2013 23:09
Untitled Document

Cobus Ras van Rayton skryf:
Ons wil graag een en almal, ook vriende en familie, bedank wat hulle meelewing met die heengaan van Cobus Ras (junior) op 2 September deur telefoonoproepe, sms’e, boodskappe en besoeke betoon het. Julle dra ons deur hierdie baie hartseer tyd.

Baie dankie aan die gemeenskap van Boschkop en omgewing vir die wyse waarop u ons gedra en bygestaan het. Ek sou u elkeen graag persoonlik wou bedank.


Cobus Ras junior

Baie dankie ook aan ons kollegas van Boschkop, Garsfontein en Cullinan Polisie vir julle ondersteuning.

Ons wil ook graag Cobus se onderwysers en medeleerlinge van Hoërskool Die Wilgers, wat die begrafnis bygewoon het, bedank.


Ao Cobus Ras van die Boschkop-polisiekantoor
Foto: Theana Breugem

’n Spesiale dankie aan Frans van Martins Begrafnisdiens vir die waardige wyse waarop hy ons, die reëlings, en Cobus se begrafnis hanteer het.

Cobus is op 2 September deur die elektriese drade oor die treinspoor in Rayton, doodgeskok toe hy op pad huis toe oor stilstaande treinwaens geklim het. – Red

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger