Dankie vir julle reaksie Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 22 October 2013 23:10
Untitled Document

Fred en Miems Nelson van Olympus skryf:
Geagte Bronbergers en Bronberger-lesers, baie dankie vir julle reaksie op my versoek vir ‘n aanneem-hond. My brief ‘Aanneem-hond gesoek’ is in die September-uitgawe gepubliseer.

As ek dit kon bekostig sou ek vandag, naas die boerboel-meisie wat ek binne die eerste week gekry het, ook nog ‘n boerboel, twee rifrûe, ‘n Great Dane-kleintjie, ‘n Rottweiler en selfs twee worshondjies gehad het.

Aarde, nè . . . wat sou ek met al die lieflike goedjies gedoen het?
Seënwense.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger