Hulp vir my ouers Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 22 October 2013 23:11
Untitled Document

Mandie Jacobs van Tierpoort skryf:
Ek skryf hierdie brief aan julle met 'n baie swaar hart. Ek is dringend op soek na enige werk met verblyf ingesluit vir my ouers. Hulle het alles verloor as gevolg van 'n skoonseun wat hulle misbruik het en leeg getap het.

My ma het debiteure- en krediteure- en algemene administrasie-ondervinding, en my pa het sy eie ankerwikkeling (“armature winding”)-onderneming gehad. As daar enigiemand is wat vir hulle 'n pos met verblyf kan aanbied, kontak my groot asseblief.

Hulle was welaf en het in die afgelope jaar deur soveel gegaan dat ek bang is hulle gaan binnekort breekpunt bereik as ek nie iets probeer doen om hulle te help nie. As ek julle my ma se lewensverhaal vertel, kan ek julle verseker dat niemand met 'n droë oog sal sit nie. Sy verdien nie nog hierdie hartseer ook nie.

Asseblief, as enigiemand 'n werkie het laat my weet by This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it 082-947-9893.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger